[Video] Vrou kan ná 20 jaar weer sien, danksy val

Mary Ann Franco (Foto: Skermskoot uit die video)

Mary Ann Franco (Foto: Skermskoot uit die video)

ʼn Vrou, wat meer as 20 jaar lank blind was ná ʼn ongeluk, het haar sig teruggekry danksy ʼn val.

Mary Ann Franco (70) van Florida het geval en haar kop gestamp en moes ʼn operasie ondergaan. Ná die operasie, het sy egter wakker geword en ontdek sy kan weer sien.

Franco was in 1993 in ʼn motorongeluk en het geleidelik blind geword nadat haar rugstring beseer en sy ʼn operasie ondergaan het. “Ek was ten volle blind. Ek kon net swart sien,” het sy aan The Independent gesê.

In 2015 het sy in haar sitkamer geval en kon nie beweeg nie. Sy het ʼn nekstut gedra totdat sy ʼn paar weke gelede die operasie ondergaan het. Sy was nog in die hospitaal, besig om aan te sterk, toe sy ná die narkose wakker geword het en besef het sy kan weer sien. Sy was egter verward en het nie dadelik besef wat gebeur nie: “Ek het net na die voetenent van die bed gekyk en gesê, ‘Hey, dame in pers, kry vir my iets vir die pyn’. Ek was in soveel pyn. Ek was nie vriendelik nie – en ek is altyd vriendelik,” het sy verduidelik. “My susterskind wou weet: ‘Wat het jy gesê?’ en dit is toe ek besef ek kan weer sien.”

Volgens Franco het sy nog medikasie gekry en die volgende oggend kon sy al die bome en die wit huise uit haar klein venster in die hospitaal sien. “Ek was die gelukkigste vrou in die wêreld. Dit was wonderlik. Almal het ingekom en gesê ek is die wonderwerkvrou.”

Dr. John Afshar, neurochirurg, wat die operasie uitgevoer het, het aan ABC News gesê hy het nie verwag dat Franco se sig geraak sou word nie. “Dit is ʼn ware wonderwerk,” het hy gesê. “Ek het regtig nie ʼn wetenskaplike verduideliking daarvoor nie.”

Volgens hom is een teorie dat die ongeluk moontlik ʼn aar beskadig het wat bloedvloei na dié gedeelte van die brein, wat sig beheer, beperk het. “Ons het moontlik tydens die operasie weer daardie aar oopgemaak en die bloedvloei het teruggekeer en sy het haar sig teruggekry.”

Franco is baie gelowig en glo God het haar sig teruggegee.

Lees meer: Telegraph, Daily Mail, Metro, Independent

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Tinus ·

Alle eer aan God. Kan net dink watse gevoel dit vir haar en haar familie moet wees. My Ma het haar si na operasie verloor en ons bid saam v n wonderwerk.

E ·

Ek is sommer saam bly. Die Heer het haar beslis geseën.
Sy verdien dit!

marianne ·

Loof die Here! Geseend is Mary Ann. Mag sy ‘n fantastiese leeftyd saam met haar geliefdes he. Gelukkig vir Tegnologie sal sy per foto’s en video hulle lewens mee maak. Mag almal wat ongelowig is jubbel n Sy almag en tot bekeering kom.

SNEL ·

Ai, kry sommer trane in my oë, hoe wonderlik. Prys die Heer.

So het ek met n val agter gekom ek het kanker, was dit ook nie vir daai val nie, was ek sekerlik vandag al onder die kluite. Selfs negatiewe goed gebruik die Here, en dan is daar n positiewe uitkoms. Maak ook nie saak nie, in lewe en sterwe…oë slegs op my Verlosser.

Susan ·

Ons dien ‘n Awesome God. Ons dien ‘n Lewende God van Wonders. By God is alles moontlik!!!

Gesiggie ·

By Jesus is daar niks onmoontlik… ek kon die trane nie keer… ongelooflik, onbeskrylik…Ek is so dankbaar dat die Tannie nog n kans gekry het om weer te kon sien, die blydskap en die vreugde is so wonderlik… Partykeer gebeur daar dinge in n mens se lewe wat n mens nie kan verstaan… maar als gebeur met n doel in die lewe… En vir hierdie vrou, was die doel om te kan getuig van haar lewe… N Miracle….. vir so lank moes sy sonder haar sig klaarkom, maar nou kan sy al die mooi dinge in die lewe sien en geniet…God is Almagtig… So bly vir Tannie…. Alle Eer

Amanda Van Vuuren ·

18 Mei Prys, loof ons Grote Heer! U wil het geskied!

Die doktes was die instrument wat U gebruik het! Wat my dankbaar maak is die feit dat hy eerlik gese het, dat daar geen wetenskaplike bewys vd wonderwerk gevind kan word nie…

Vrou!!!!!!!!!!!! geniet jou sig tot in lente van dae!

Flippie ·

‘n Absolute wonder!! Ons saam met jou verheud. Geniet die omgewing en alles daarin tenvolle.

Mike ·

ai tog nerens praat die man van die Here nie,hulle het vermoedelik n aar oop gemaak…………..

E.K. ·

Mike, lees mooi, daar staan duidelik die neurosjirurg het gesê daar is geen wetenskaplike verklaring vir wat gebeur het nie. Dus? Natuurlik weens God se genade en liefde!

Louise ·

God is groot!
So gelukkig dat daar soveel lewende wonderwerke van getuies leef en kan getuig aan al die ongelowiges.
Kon nooit verstaan waanneer mense se God bestaan nie. Hoe het hulle al daai sintuie ontvang om sulke nonsense te praat en hoe was hulle dan gebore……. Party ouers moenie te ernstig wees oor die ooievaars voel nie. Party mense vat dit te ernstig en dink dis hoe hulle onstaan het.
God sal leef tot in ewigheid.

Duitswes ·

HALLELUJA!!
Markus 5:34 – “Dogter, jou geloof het jou gered. Gaan in vrede en wees van jou kwaal genees.”
Lukas 1:37 – “Want geen ding sal by God onmoontlik wees nie.”
Psalms 29:1 – “Gee aan die Here, o hemelinge, gee aan die Here eer en sterkte!”
AMEN.

Francie ·

Ironies tog dat dokters eerder sal erken hy weet nie, en miskien ” dit of dat ” sal raai eerder as om te erken dis ‘n wonderwerk, en die eer te gee aan Wie dit toekom . (Johannes 9:3 ,33 en 39 verwys.). Niemand is so doof soos een wat nie wil hoor nie. Aan God alleen die eer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.