Video: Vrou kry volledige nuwe 3-D-skedel

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Die video volg onderaan die berig. ‘n Nederlandse vrou (22) wie se skedel weens ‘n beenaandoening tot 5 cm verdik het, het ‘n volledige nuwe skedel van kunsstof gekry.

Die operasie het 22 uur lank geduur. Die nuwe skedel is deur driedimensionele drukwerk vervaardig.

Die operasie in die UMC Utrecht word as ‘n wêreld-eerste beskryf.

Die nuus oor die suksesvolle operasie is nou eers bekend gemaak, drie maande na dit uitgevoer is. Volgens die verklaring deur die hospitaal is die vrou nou sonder ongerief en het reeds weer begin werk. Haar naam is ter wille van privaatheid nie bekend gemaak nie.
Bron: De Standaard

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.