[Video] Vrou se hoofpyn toe lewendige kokkerot

Argieffoto. Foto: Pixabay.

Argieffoto. Foto: Pixabay.

ʼn 42-jarige vrou van Chennai, in Indië, het met ʼn erge hoofpyn wakker geword en gesukkel om asem te haal. Haar kop het ook krapperig en jeukerig gevoel.

Ná ʼn besoek aan die Stanley Medical College-hospitaal was die oorsaak duidelik – ʼn lewendige kokkerot in haar skedel.

CNN berig ʼn dokter het ʼn endoskopie uitgevoer om vas te stel wat die oorsaak van die pyn is. Aanvanklik kon hy niks raaksien nie en toe skielik sien hy die pote van die een of ander insek.

M.N Shankar, professor en hoof van die oor-, neus- en keeldepartement van die Stanley Medical College, het gesê hulle het aanvanklik nie geweet wat dit is nie. “Ons het gedink dit kon miskien ʼn perdeby wees. Toe ons dit stadig verwyder, sien ons dis ʼn kokkerot – wat nog lewe!”

Die kokkerot is met behulp van masjiene met ʼn sterk suigaksie en ʼn tangetjie verwyder. Die hele prosedure het sowat 45 minute geneem. “Die kokkerot was 2,5 cm lank en het steeds gelewe,” het Shankar gesê. Die vrou se asemhalingsprobleme het onmiddellik opgehou.

“Die kokkerot was 12 uur lank naby die bokant van die neus, tussen die neus en die brein, ingegrawe,” het Shankar gesê.

Shankar het ook gewaarsku dit kon lewensgevaarlik wees. “As hierdie kokkerot doodgegaan het, sou dit ʼn infeksie veroorsaak het wat haar kon doodmaak”. Hy het bygevoeg  wurms en vlieë is al voorheen uit mense verwyder, maar nog nooit ʼn kokkerot nie.

“Daar is regtig ook nie ʼn goeie manier om dit te voorkom nie.”

https://www.youtube.com/watch?v=_I4tGhoCh2I

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Johann ·

Amper dog ek dis ‘n passient wat uit n Staats bestuurde of “huidige mediese standaard” instelling gekom het? Nee; dit sou ook nie waar kon wees nie; want jys blykbaar deesdae baie gelukkig om gesond(er)of selfs lewend uit die kloue van onbekwame mediese staats instansies te kom!!!!!!!!

nursie ·

Nou wat probeer jy nou eintlik sê Johann????? Die feit dat sy ‘n gogga in haar neus gehad het was nie deur enige instelling. hoe swak ook al die bestuur of standaard, veroorsaak nie. Jy klink vir my soos ‘n pasient wat en nooit wil he nie. Alles wat nie reg is nie is mos altyd ander se foute!

Rooiman ·

Liewe dooie kkkerlk. Dit sal maak dat ek met sak oor my kop gaan slaap!!!

Voorlaaier ·

Hier in ons land kry jy dit elke dag.. Ons sin is net “torre” en nie kokkerotte nie!…?

wilnet ·

Hiehiehie. Hoe lekker lag ek nou vir die waarheid hier gespreek!!!!

brenda ·

Geagte NURSIE; dis heel moontlik in die Staatshospitale deesdae; Johann ek stem; genugtig dis 1 taai kokkerot gedrog daai!! gee my die creeps!!

nursie ·

Brenda jy is skynbaar net so kort van begrip. Die vrou het die hoofpyn ervaar nog voor sy by n hospitaal was. Dit was juis die mediese personeel wat haar gehelp het. En die oorsaak verwyder het. Jul kommentaar hou geen verband nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.