Video: Vrou wat huis sou verloor, wen $1 miljoen

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Penny Pompa van Monroe in Connecticut, Amerika, is verlede week Woensdagoggend met die nuus wakker gemaak dat sy $1 miljoen (ongeveer R10.5 miljoen) gewen het.

Danielle Lam, ʼn spanlid van Publisher’s Clearing House (PCH) se pryspatrollie het vroeg die oggend by Pompa se huis opgedaag. “Ek het sopas eers wakker geword,” sê Pompa in die video. “Wat gaan aan? Droom ek?”

Pompa het vier kinders. “Ons het soveel skuld. Net voordat ek gaan slaap het, het ek gebid dat ons hulp nodig het. Dit is God! Ek is besig om my huis te verloor. Dit is ʼn wonderwerk!” het sy gesê.

PCH is ʼn bemarkingsmaatskappy wat handelsware en tydskrifinskrywings verkoop. Die maatskappy bedryf ook prysgebaseerde speletjies, -soektogte en loterye. PCH is bekend daarvoor dat sy pryspatrollie-span wenners by hul huise verras. Die verrassing word dan op televisie uitgesaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.