Lede van die Turkse parlement het mekaar met die vuis bygedam oor ʼn omstrede wet wat meer mag aan polisielede oor betogers sal gee.
Dit is die tweede keer in een week wat politici van die regerende party en die opposisie mekaar in die parlement in Ankara slaan.
Een van die persone het ook ʼn kantoorstoel in die lug rondgeswaai.
Een van die LP’s het tydens die onderonsie by ʼn stel trappe afgeval, maar hy is nie ernstig beseer nie.
Ons besoek Turkye en voel so tuis. Nou weet ek waarom.
Ons moet ons parlementslede soontoe stuur om bietjie tips op te tel. Sal ons parlement nog meer aksie belaai kan maak.
Moenie so maak nie. Hier by ons is hulle baie vatbaar vir negetiewe gedrag en dit kan aanleiding gee dat hulle hulself kan regverdig en dit n instelling maak.