Die vuurbal is Maandagnag van Kanada tot in Maryland en Delaware waargeneem. Altesaam 330 mense het die waarneming by die Amerikaanse Meteorologiese Vereniging aangemeld.
Vuurballe is gewoonlik voorwerpe ongeveer so groot soos ’n tennisbal of groter wat die atmosfeer indring, en van die wrywing uitbrand. As ʼn deel die aarde bereik staan dit as ʼn meteoriet bekend.
In die video wat deur Czech op YouTube gelaai is, kan die vuurbal klein maar duidelik in die regterkantse hoek van die skerm gesien word.
Bron: Myfozny.com
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
2 Kommentare
Nou’s ek altyd op hoogte met nuusgebeure.