Video: Vuurbal oor Amerikaanse ooskus

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

’n Amerikaner, Peter Czech, was gelukkig om ’n vuurbal op sy motor se paneelbordkamera vas te vang.

Die vuurbal is Maandagnag van Kanada tot in Maryland en Delaware waargeneem. Altesaam 330 mense het die waarneming by die Amerikaanse Meteorologiese Vereniging aangemeld.

Vuurballe is gewoonlik voorwerpe ongeveer so groot soos ’n tennisbal of groter wat die atmosfeer indring, en van die wrywing uitbrand. As ʼn deel die aarde bereik staan dit as ʼn meteoriet bekend.

In die video wat deur Czech op YouTube gelaai is, kan die vuurbal klein maar duidelik in die regterkantse hoek van die skerm gesien word.

Bron: Myfozny.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Zirk ·

Nooit geweet van hierdie diens nie. Totdat my suster in Oubaai my daarvan vertel het. Groot was my verbasing toe ek sien dat Afriforum nogal die diens aanbied. En ons is jare lankal lede.
Wat ek eintlik soek, was Max du Preez se kommentaar op No.1 se beskuldiging.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.