Video: Vuurpyl ontplof kort ná lansering

Foto: NASA/Joel Kowsky

Foto: NASA/Joel Kowsky

ʼn Onbemande vragvuurpyl het Dinsdagaand ontplof kort nadat dit in Virginië in die VSA gelanseer is.

Die vuurpyl moes voorraad na die internasionale ruimtestasie vervoer. Volgens The Guardian het die tuig sowat 2 200kg se voedsel, gereedskap en onderdele aan boord gehad. Nasa het intussen in ʼn verklaring op sy webtuiste gesê hoewel hul teleurgesteld is dat die sending onsuksesvol was, hulle weer sal probeer sodra daar duidelikheid is oor wat verkeerd geloop het.

“Daar is nie ʼn gevaar dat die bemanning van die internasionale ruimtestasie nie genoeg kos of ander kritiese voorrade sal hê nie,” het William Gerstenmaier, mede-administrateur van Nasa se menslike verkenning en operasionele direktoraat, gesê.

“Orbital het tydens die eerste twee sendings na die ruimtestasie vroeër vanjaar buitengewone vermoëns getoon, en ons weet hulle kan die sukses herhaal. Vuurpyllanserings is ongelooflik moeilik en ons leer uit elke sukses en elke terugslag,” het Gerstenmaier gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.