Video: Vyf sterf toe vliegtuig neerstort

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Dramatiese beeldmateriaal, van ʼn vliegtuigongeluk in die ooste van Colombia, waarin vyf mense dood is, het Woensdag aan die lig gekom.

Volgens die plaaslike burgerlugvaartowerheid is ʼn sesde mens beseer toe die vliegtuig Dinsdag naby die Venezuela-grens neergestort het. Die vliegtuig was van Puerto Carreno na Bogota onderweg, toe dit minute nadat dit by die German Olano-lughawe opgestyg het, neergestort het.

ʼn Tegnikus aan boord het die ongeluk oorleef, maar is met ernstige beserings na ʼn plaaslike hospitaal gehaas. Hy sou na verwagting vandag na ʼn hospitaal Bogota oorgeplaas word.

ʼn Ondersoek is tans aan die gang om die oorsaak van die ongeluk te bepaal.

Verlede maand het meer as 70 mense gesterf toe ʼn vliegtuig naby die dorpie La Union in Colombia neergestort het. Die vliegtuig het onder meer lede van ʼn Brasiliaanse sokkerklub van Bolivië na Medellin vervoer.

ʼn Opname van ʼn gesprek tussen die vlieënier en die lugverkeerbeheerders, oomblikke voor die vliegtuig neergestort het, het kort na die ongeluk uitgelek. Die vlieënier van die gehuurde vliegtuig het aan lugverkeerbeheerders gesê hy het nie meer brandstof nie en het desperaat gepleit vir toestemming om te land voordat hy in ʼn berg vasgevlieg het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

LB S ·

Wow, maar dit het hierdie ouens wat dit afgeneem het net-net gemis!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.