Video: Wat mense in 2014 by Google wou weet

Oscar Pistorius in die hof. Argiefforo: Siphiwe Sibeko/Reuters/Pool

Oscar Pistorius in die hof. Argiefforo: Siphiwe Sibeko/Reuters/Pool

Google het ʼn lys vrygestel van die mees gewilde soektogte vir 2014.

Die Oscar Pistorius-verhoor was vanjaar die mees gesoekte term op Google in Suid-Afrika. Internasionaal wou die meeste mense meer weet oor Robin Williams se dood. Die Wêreldbeker-sokkertoernooi, ebola, stakings en Malaysia Airlines se vlug MH370 was van die ander gewilde soektogte.

Hier is die volledige lys van die gewildste soektogte op Google in Suid-Afrika vir 2014:

1. Die Oscar Pistorius-verhoor
2. Ebola
3. Suid-Afrika se algemene verkiesing
4. Die verdwyning van Malaysia Airlines se vlug MH370
5. Amcu-staking
6. ISIS (Islamitiese Staat)
7. Numsa-staking
8. Die krisis in Oekraïne
9. Nkandla
10. 2013 se matriekuitslae

Hier is die volledige lys van die gewildste soektogte op Google wêreldwyd vir 2014:

1. Robin Williams
2. Wêreldbeker-sokkertoernooi
3. Ebola
4. Malaysia Airlines
5. ALS Ice Bucket Challenge
6. Flappy Bird
7. Conchita Wurst
8. ISIS (Islamitiese Staat)
9. Frozen
10. Sotsji Olimpiese Spele

Google stel jaarliks ʼn kort video saam van die mees gesoekte terme van die jaar:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

zahn ·

WAT? Het Mandela nie een van die twee lyste gehaal nie? (Sarkasies) Is julle seker van julle feite? Hy is dan internasionaal so ‘n groot ikoon, hoe kan dit dan wees? (Weereens sarkasties)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.