[Video] Wat ons in 2015 ge-Google het

google 2

Skermskoot uit die video

Die soekenjin Google het bekend gemaak watter soekterme in 2015 die gewildste was.

Gebruikers het onder andere Google-soektogte gedoen oor die terreuraanvalle in Parys, die Charlie Hebdo-sage, die vlugtelingekrisis en geregtigheid vir Cecil die leeu.

Gebruikers wou ook by Google weet watter kleur is die rok en hoe kan ons Nepal herbou ná die groot aardbewing.

In Suid-Afrika was beurtkrag, xenofobie en Charlie Charlie die soekterme wat die meeste gebruik is.

Klik hier  en hier om te sien watter soekterme wêreldwyd die meeste gebruik is.
Klik hier om te sien watter soekterme in Suid-Afrika die meeste gebruik is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.