[Video] Weerlig tref vliegtuig

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

ʼn Video van ʼn weerligstraal wat ʼn vliegtuig tref word wyd op sosiale media gedeel.

Die vliegtuig van Delta-lugredery was by Hartsfield-Jackson Atlanta Internasionale Lughawe gereed om op te styg, toe die weerligstraal die vliegtuig getref het.

Jack Perkins, wat die video op YouTube gelaai het, het gesê hy was Dinsdag besig om die ry vliegtuie af te neem toe hy terloops die oomblik afgeneem het toe die weerligstraal die 737 tref. Hy het die video Woensdag op YouTube gelaai.

Morgan Durrant, woordvoerder van Delta, het bevestig dat ʼn weerligstraal die Boeing 737-900R-vliegtuig, Delta Vlug 67 onderweg na Las Vegas, getref het toe dit in die ry gestaan en wag het om op te styg by Atlanta. “Net soos enige ander voorval waarby ʼn vliegtuig betrokke is, sal ons ʼn volledige ondersoek doen oor die omstandighede, aangesien veiligheid ons eerste prioriteit bly,” het hy gesê.

Durant het verduidelik dat vliegtuie só ontwerp word dat weerligstrale veilig herlei word.

Daar was 111 passasiers en ses bemanningslede aan boord. Geen beserings aangemeld nie.

Volgens FlightAware.com het die vliegtuig uiteindelik twee ure laat opgestyg om 19:32 ET, maar het 20 minute later as geskeduleer by sy bestemming aangekom, om 20:11 PT.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

agtogwatnog ·

” het die vliegruig uiteindelik twee ure laat opgestyg……maar het 20 min latwr as geskeduleer by sy bestemming aangekom” Dit blyk dat die vlug bietjie oemf gekry het om die vlug tyd met 1uur en 40 mins te verminder. Dalk moet hulle dit ondersoek as n moontlike oplossing om meer vlugte vinniger by hul bestemmings te kry. ( net bietjie humor… vir die wat dalk nie besef ek is besig om die gek te skeer nie) Maar tog goed om te weet dat die voorsorg maatreels wat getref word om passasiers te beskerm wel efektief is.

Dave ·

Hoe dink jy het daai vliegtuig gevoel nadat dit nà wat gebeur het tog in daardie storm losgelaat is? Geen rede om verbaas te wees dat dit laat wiel het (laat vlerk het?) om so vinnig moontlik weer op die grond en in ‘n vliegtuigskuur te wees!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.