Video: Woede ná polisieman op leerder se nek kniel

In die video is dit duidelik hoe die polisiebeampte die meisie se kop in die grond druk en daarna vir sowat ’n halwe minuut op haar nek kniel (Foto: Twitter)

’n Pa van Wisconsin in die VSA soek geregtigheid vir sy 12-jarige dogter nadat ʼn polisiebeampte – wat nie aan diens was nie – na bewering op haar nek gekniel het. Die pa eis nou dat die beampte krimineel aangekla moet word.

Die voorval het op 4 Maart by die Lincoln Middle School in Kenosha, Wisconsin, afgespeel. Die beampte, Shawn Guetschow, van Kenosha, Wisconsin, het deeltyds daar as sekuriteitswag gewerk.

ABC News berig die pa, Jerrel Perez, se dogter het tydens middagete met ’n ander leerder in ʼn skermutseling betrokke geraak. Beeldmateriaal van ʼn kringtelevisiekamera in die eetsaal wys hoe Guetschow die leerders uitmekaar probeer hou.

In die video is dit duidelik hoe Guetschow die meisie se kop in die grond druk en daarna vir sowat ’n halwe minuut op haar nek kniel. Hy boei haar dan en lei haar uit die eetsaal.

NBC News berig Perez het gevra dat ’n kriminele aanklag teen Guetschow aanhangig gemaak moet word. Volgens hom is sy dogter tans in terapie en besoek sy ’n neuroloog vir haar beserings.

Die skool het Guetschow op betaalde verlof geplaas, waarna hy Dinsdag self bedank het.

In sy bedankingsbrief het Guetschow gekla die skool het hom nie ondersteun nie en dat die voorval ’n swaar las op sy gesin plaas.

Hy is steeds as beampte aan diens by die polisie in Kenosha.

Perez het ’n skermgreep van die video op Facebook geplaas langs ’n foto van die polisiebeampte Derek Chauvin wat sy knie op George Floyd se nek in ’n Minneapolis-straat druk. Chauvin is verlede jaar skuldig bevind aan moord op Floyd.

“Vertel my wat die verskil is tussen die twee,” het Perez langs die foto’s geskryf.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Johannes_64 ·

Is dit nie half vreemd hoe die wêreld die oorsaak van so iets totaal mis kyk nie. Mens kan jou indink hoe die pa moet voel oor die behandeling, maar nêrens vra hy om verskoning vir sy dogtertjie se optrede nie….

Niel ·

Nooit! Pappa se ou engelkie is mos heel onskuldig. Dis mos hoe dit gaan in hierdie wêreld.

Anna84 ·

Dis juis hoekom sy so optree, want haar pa se optrede oor die hele aangeleentheid plaas net nog vet op die vuur, want sy het dan nou kwansuis niks verkeerd gedoen nie. As dit my kind was, het ek haar gat aan die brand geslaan en hoop sy het ‘n waardevolle les geleer. Hou haar maar dop, oor 10jaar is sy heel waarskynlik ‘n “washout”.

Willem ·

Baie swak resolusie videomateriaal. Mens kan enigiets hieruit probeer aflei. Ek werk met cctv en die kwaliteit video van my toerusting is 100 keer beter. Ek dink nie hierdie video sal n hof van die beampte se skuld oortuig nie.

Perdeby ·

Wel die lid van die publiek of leerling het die video geneem, nie ‘n opgeleide persoon nie, al daaraan gedink?? Nee so gedink.

Jean ·

99% van alle nuwe fone kan 720p videos maak, tot ‘n ou Blackberry kan ‘n beter video maak as die ene.

Martie ·

Die boompie is duidelik nie gebuig toe sy klein was nie, die feit dat sy baklei het stuur klaar rooi vlaggies op.

Kobus ·

Stem nie saam met die optrede nie maar dit lyk of sussie nogal veglistig kan wees. Word die polisie in VSA opgelei om op mense se nekke te kniel om hulle te bedaar?

Clifford ·

Hoe anders kan ‘n persoon sonder om hul hande te gebruik, oor hulle boeie moet aansit, ‘n ander persoon wat hulle bene en arms het om te gebruik plat hou om hulle te arresteer. Hierdie Pa hoop en bid vir ‘u uitbetaling en vergeet van sy dogter se wanopvoeding.

Di ·

DIS wat gebeur as jy nie jou kinders reg opvoed nie! Hier by ons is BAIE van hulle, hulle doen net erger dinge as sy

Mariana ·

En nou raak dit ‘n tendens dat wanneer polisie optree dan word hy/sy aangekla. Wanneer gaan die ouers of familie agterkom dat hul kindertjies nie so onskuldig is nie. As hy regtig op haar nek was met sy knie, was dit nie baie lank of met druk nie, want sy het darem opgestaan en geloop. Maar ja dis nou hoe dit is en natuurlik is daar altyd selfone en kameras wat als afneem en op sosiale media deel en elke keer ‘n storm veroorsaak. Seker nue reg wat hy gedoen het nie, maar die meisiekind was buite beheer.

Chris ·

Rêrig, sedert die wettelose krimineel sy verwronge misnoë teenoor ander en die samelewing mag openbaar is sy/hy bo die reg. Ek sal eerder dat poeliesman op my nek trap voordat Wagter of Rommel aan my kom kou en proe.

Misky ·

Darem ‘n wilde en veglustige 12 jarige dogter daai. Keer nie die polisie an gedrag goed nie, maar hy moes haar onder beheer kry soos sy tekere gaan. Voed maar kinders by die huis op eerder meneer

AndrewL ·

Die pa moet eerder sy engeltjie maniere leer en respek vir ander, dan sal dit veel beter met haar gaan.

Nicky ·

Ek keur die polisie se optrede goed want as sy op 12 jaar so optree wil ek nie sien wat sy sal doen op 22 jaar nie

Duck ·

Wat is die Amerikaners so lief om met hul kniè op die mense se nekke te staan?

Jaco ·

Vreemd dat sulke goed nog in Amerika gebeur. Die hoogheilige Demokrate en President Biden met al hulle mooi “human rights” en “healing America” is dan in beheer daar….

Kompas ·

Glo darem regtig nie dat sy enige neurologiese defekte het na halwe minuut nie. In plaas van om neuroloog te Sien , moet sy dalk eerder gaan vir “anger management “

Perdeby ·

Die ouers is natuurlik heeltemal ongeskuldig oor hoe die kind op getree het, wonder waar word die goeie maniere geleer. Sulke op tredes is natuurlik baie gewild in ons skole met al die on opgevoede kinders wat nie maniere geleer word by die huis nie, want dit is waar jou opvoeding begin, en nie by die skool nie.

Swerwer ·

Dit is seker nie die korrekte optrede nie, maar ek neem die man glad nie kwalik nie, daar sal ‘n goeie rede wees hoekom hy so opgetree het. Die kinders van vandag regeer mos die Regering en ouers.
As kinders hul skuldig maak aan skermutseling en nie wil hoor wanneer hul uitmekaar gemaak word nie, is sy oud genoeg om die straf te vat wat uitgedeel word.

Kaal Keiser ·

Deesdae het die krimineel of oortreder meer regte as die slagoffer… jy moet maar net aanvaar wat gebeur en kan jouself nie verdedig nie… want die oortreder het mense regte maar nie jyself nie.

Zandra ·

Halwe video’s laat my naar…want dit laat altyd die onskuldige skuldig lýk…ons weet nie wat regtig aanleiding gegee het tot sy optrede nie, maar dat sý n baklei gat is is baie duidelik!

Waarnemer ·

Dit gebeur hier in SA ook….kinders stry en baklei masr dit haal net nie sosiale media nie.Kids will be kids….en kat gevegte gebeur maar oral in skole ook….

AH ·

Deesdae se kinders word vir die tronk grootgemaak (asof die tronke nie al vol genoeg is nie) Die Pa behoort hulself af te vra of hy haar optrede goedkeur en wat hy sou doen as hy in die polisieman se skoene was. Kinders word nie meer waardes soos respek, eerlikheid, dissipline en menslikheid in die ouerhuise geleer nie. Hulle word as narsisiste grootgemaak deurdat die ouers na hul pype dans aangesien dit mos teen die wet is om die arme bloedjies te dissiplineer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.