Video: ‘Wonderwerk’ dat hommeltuig vermiste man vind

Foto verskaf deur die Norfolk-polisie

Die polisie in Norfolk, Engeland, het ’n vermiste man in ’n moeras opgespoor danksy die gebruik van ’n hommeltuig.

Peter Pugh (75) van Brancaster het Saterdag laatmiddag saam met vriende en familie gestap toe hy van die res van die groep geskei geraak het aangesien hy glo ’n kortpad huis toe wou vat. Die polisie, kuswag en ander organisasies het onmiddellik met ’n soektog na Pugh begin.

Die polisie het ook van hommeltuie in die soektog gebruik gemaak. ’n Hommeltuig, wat deur sers. Danny Leach gevlieg is, het Pugh sowat 21 uur nadat hy verdwyn het in ’n digte vlei in ’n moeras gevind. Sers. Leach het die soek- en reddingspanne tot by Pugh gelei.

Pugh is met ’n helikopter na die Koningin Elizabeth-hospitaal in Kings Lynn vervoer waar hy behandeling vir hipotermie ontvang het.

“Daar is geen twyfel dat dit nie sonder die hommeltuig moontlik sou wees om hom te vind in die tydsduur wat ons het nie,” het sers. Alex Bucher, wat by die soektog betrokke was, gesê. “Deur spanwerk was ons daartoe in staat om Pugh op te spoor en op Vadersdag aan sy familie terug te besorg.”

Pugh se vrou, Felicity, het aan die BBC gesê haar man was tot by sy elmboë in modder toe hy gevind is en dat dit ’n wonderwerk is dat hy leef.

[vimeo 275784037 w=640 h=360]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Pietman ·

Lankal begin wonder hoekom ons polisie nie van die middel gebruik maak nie? Dit kan sigbare polisiëring se doeltreffendheid dramaties verbeter en ook misdadigers se wegkonkans verminder. Dink iemand in die polisiediens hoegenaamd aan sodanige opsies?

Hommelby ·

Ja, my naamgenoot kan vir baie dinge gebruik word: plaasbeveiliging, renosterstropery, verkeer, opspoor van persone soos hier. Verskoon my as ek sê dat Pugh was poegaai toe hy gevind is. Moet nooit ooit alleen so probeer stap, laat dit vir ons ander ‘n les wees. Bly met die groep selfs as julle verdwaal het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.