Video: Woonstelle ontruim toe huweliksaanbod skeefloop

Die hyskraan bo-op die woonstelblok se dak in Nederland, 13 Desember 2014 Foto: ap, Algemeen Dagblad

Die hyskraan bo-op die woonstelblok se dak in Nederland, 13 Desember 2014 Foto: ap, Algemeen Dagblad

Ses woonstelle moes Saterdag in Nederland ontruim word nadat ʼn hyskraan omgeval het toe ʼn man sy nooi wou vra om met hom te trou.

Algemeen Dagblad berig die man van Ijsselstein het die hyskraan gehuur en wou voor sy meisie se venster afsak, ʼn liedjie speel en dan die Groot Vraag vra. Die hyskraan het egter omgeval en ʼn groot gat in die bure se dak gelaat.

Die man kon darem veilig afklim en niemand is in die voorval beseer nie. Die koerant berig die meisie het darem “ja” geantwoord.

Arjan Stoopendaal het die volgende video op YouTube gelaai waar die hyskraan weer omval toe ʼn groter hyskraan dit wou optel. Die dorp se burgemeester was ook op die toneel nadat die gebou onveilig verklaar is.

Die paartjie is glo na Parys om hul geluk te vier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.