Video’s: Chili-aardbewing nog die sterkste vanjaar

'n Skermskoot uit die video van die Chili-aardbewing . Die video volg onderaan die berig.

‘n Skermskoot uit die video van die Chili-aardbewing . Die video volg onderaan die berig.

Die video’s volg onderaan die berig.

Die sterk aardbewing in Chili wat 8,2 op die momentmagnitudeskaal geregistreer het, is nog die sterkste aardbewing vanjaar.

Maroela Media het vroeër berig meer as 300 gevangenes het uit ʼn vrouetronk ontsnap en minstens vyf mense is dood. Klik hier om meer te lees.

Die aardbewing het minder as 100 kilometer van Iquique in Chili in die see voorgekom en die land om 20:46 (2346 GMT) getref. ‘n Tsoenami van 2 meter hoog is deur die aardbewing veroorsaak. Tsoenami-waarskuwings is vir Chili en Peru uitgereik.

Dit was die eerste aardbewing vanjaar wat sewe of meer op die momentmagnitudeskaal geregistreer het. Die afgelope aantal jaar is sowat 20 sulke aardbewings jaarliks wêreldwyd geregistreer.

Die gebied waar die aardbewing voorgekom het, het vanjaar reeds bykans 100 aardbewings beleef. Die afgelope week het sowat 40 skuddings van sterker as M4,5 in die gebied voorgekom, waarvan die meeste in die see was.

Trouw berig dat president Michelle Bachelet die gebiede Arica en Parinacota in die noorde van Chili tot rampgebied verklaar het. Sy het ’n dekreet geteken wat onder meer die veiligheidsdienste onder militêre gesag plaas.
Die Chileense owerhede het die kusgebiede uit voorsorg ontruim en tienduisende mense het reeds hul huise ontruim. Peru het ook met die ontruiming van die kusgebied begin.

http://youtu.be/2JRUExQQaA4

http://youtu.be/u4qP0gYq19g

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.