Geen beserings of skade is onmiddellik aangemeld nie. Dit was egter die reaksie van twee televisienetwerke se aanbieders wat gebruikers op sosiale media aan die gons gehad het.
In die eerste video duik die aanbieders van die televisienetwerk KTLA onder ʼn lessenaar in terwyl die aanbieders van CBS in die tweede video doodluiters aankondig dat daar tans ʼn aardbewing is.