Vier beamptes in polisiekantore vermoor

Persone staan agter ‘n polisielint nadat hulle uit die hoofkwartier van die polisie ontruim is (3 Oktober 2019) (Foto: AP Photo/Kamil Zihnioglu)

ʼn Administrateur, gewapen met ʼn mes, het beamptes in die polisie se hoofkwartier in Parys, Frankryk, aangeval. Minstens vier beamptes is dood voor die aanvaller doodgeskiet is.

Loic Travers, woordvoerder van die polisievakbond, het aan verslaggewers gesê die aanval het vermoedelik in ʼn kantoor begin en na die res van die gebou uitgewyk. Die polisie se hoofkwartier is ʼn groot gebou oorkant die Notre Dame-katedraal.

Dit is nie onmiddellik duidelik hoeveel mense beseer is nie.

Travers het gesê die motief is onbekend, maar die 20-jarige polisiewerknemer, verantwoordelik vir die aanval, het in die intelligensie-eenheid gewerk en voor Donderdag nie gevaarlik voorgekom nie.

Hy het gesê hy is nie bewus van ʼn soortgelyke aanval van dié omvang nie.

Emery Siamandi, wat by die hoofkwartier werk, het gesê hy was op die trappe op pad na die bevelvoerder se kantoor toe hy geweerskote gehoor het. “Ek het oomblikke later drie polisievroue gesien huil. Ek kon hulle nie help nie, en hulle kollegas het ook gehuil, so ek het aangeneem dit moet ernstig wees.”

Die aanval kom ʼn dag ná duisende polisiebeamptes in Parys opgeruk het om teen lae lone, lang werksure en ʼn toename in selfmoorde onder hul kollegas, te betoog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Leon ·

Hy het in intellegensie gewerk. Hy het iets geweet wat die ander nie van geweet het nie.

James ·

Franse polisie ook maar pateties.
Daarom het hulle al vreeslike aanvalle beleef.
Het nie n clue wat om hulle aangaan nie.
Net soos die res van Europa.

PJC ·

Dit wys weereens dat as iemand wil moor het hy nie noodwendig ń vuurwapen nodig nie.

Martin ·

Anti-gun logika, solank hy net nie n vuurwapen gebruik het, is als reg.

Kat ·

Ek stem 110% saam met jou James! As ek jou net meer kon vertel ek is pas terug van Frankryk en dis gaoties verby. Maar tog verbloem hul als met “French touch “

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.