Vier dood ná skietery by hospitaal

Foto: Zbigniew Bzdak/Chicago Tribune via AP

ʼn Dokter, ʼn apteekassistent en ʼn polisiebeampte is by ʼn hospitaal in Chicago doodgeskiet waarna die aanvaller doodgeskiet is óf homself om die lewe gebring het.

Dr. Tamera O’Neal (38) is in die parkeerterrein van die Mercy-hospitaal voorgekeer deur die man met wie sy in ʼn verhouding was. Hy het haar geskiet en sy het op die grond neergeval waarna die man oor haar gaan staan en weer geskiet het.

Die aanvaller het daarna in die hospitaal gegaan waar hy ʼn 25-jarige apteekassistent, Dayna Less, doodgeskiet het. Die aanvaller is deur polisiebeamptes gekonfronteer waarna hy een van die beamptes, Samuel Jimenez (28), doodgeskiet het. Jimenez was die pa van drie kinders.

Die aanvaller is ook dood. Dit is egter in dié stadium nog nie duidelik of hy homself om die lewe gebring het en of hy deur die polisie doodgeskiet is nie.

Volgens berigte was O’Neal en die skieter verloof, maar het sy die verlowing onlangs verbreek.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Hendrik van George ·

Nêrens meer veilig in die VSA nie. Skole, hospitale, kerke, winkelsentrums, musiek konserte……

Bekommerd ·

Die wereld is deurmekaar en satan is los, mense ly aan allerhande sielsiektes. Dis tragies dat geskille nie uitgepraat kan word nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.