Vier dood ná skietery by woonstelkompleks

Noodvoertuie op die toneel waar die skietery plaasgevind het (10 Augustus 2018). Foto: Reuters/ANA

Vier mense is Vrydagoggend dood in ʼn spannende skietvoorval in ʼn woongebied in Fredericton in New Brunswick, Kanada.

Die voorval het in Brooksiderylaan gebeur. Die plaaslike polisie het kort ná die skietery ʼn beroep op inwoners gedoen om die gebied te vermy en in hul huise te bly. Die presiese omstandighede van die skietery is egter nog onduidelik.

Die polisie het ook Facebook-gebruikers gevra om nie op sosiale media bekend te maak waar polisiebeamptes ontplooi is nie.

Die polisie het later bevestig dat ʼn verdagte in aanhouding is. Daar is ook bevestig dat twee van die mense wat doodgeskiet is polisiebeamptes is, maar die name van die oorledenes is nog nie bekend gemaak nie.

David MacCoubrey, ʼn inwoner van Fredericton, het in ʼn telefoniese onderhoud gesê hy het omtrent 20 skote gehoor en kruip weg op sy kombuisvloer. “Ek lê op my vloer. Die polisie het deur my wooneenheid gegaan. Hulle het al die woonstelle in die gebou deursoek. Dit klink asof alles in die binnehof begin het,” het hy gesê.

Volgens MacCoubrey het hy omstreeks 07:00 (plaaslike tyd) wakker geword toe hy drie skote ongeveer 10 m weg van sy woonstel hoor afgaan het. Hy het verduidelik die woonstelkompleks bestaan uit vier geboue wat in ʼn vierkant gebou is en dit het geklink of die skote vanuit die middel van die kompleks kom.

Hy het gesê inwoners bly tans weg van die vensters af terwyl die polisie die gebou deursoek. Die klank van sirenes kan ook buite gehoor word.

Travis Hrubeniuk, nog ʼn inwoner, het gesê die buurt is ʼn stil, rustige woonbuurt met huise, kruidenierswinkels, ʼn kerk en ʼn laerskool – die laaste plek waar hy verwag het om in so ʼn gevaarlike situasie vasgevang te wees.

“Dit is die eerste keer dat ek ooit hoor van ernstige of gewelddadige misdaad in hierdie stad,” het hy gesê.

Fredericton het ʼn bevolking van ongeveer 58 000 en is noordoos van Maine geleë.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Valerie ·

Ek was geskok oor hoe Kanada agteruitgaan. Lyk deesdae baie soos SA in die tagtigs.

Tobie Klarens ·

Hier is perspektief. Vier dood is omtret soveel as wat Suid Afrika afstaan aan gewelddadige dood in minder as een uur, elke uur van elke dag. Ons moet maar versigtig wees om ons self te wil vergelyk met ander bloot in n pogiging om ons self gerus te stel. Ons verloor meer mense aan moord as in enige oorlog waarby die land betrokke was.

Johanna Botha ·

Feit is dit kan nooi vergelyk word met die misdaad moord en verkragtings syfers in SA …die feit dat dit die nuus haal wys net hoe ongewoon dit is vir Kanada.

humor ·

Ons het te veel hievan om ook nog van sulke buitelandse nuus bestook te word.

Cherokee ·

So, jy sal ook verkies dat die buiteland nie ‘n woord hoor van wat in Suid Afrika aangaan, nie.

hendrik ·

Moord en misdaad in Kanada? Jy sal dit seker kry met n liberale president en instroming van vlugtelinge uit Afrika en Moslemlande.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.