Vier dood ná vliegtuig in VSA op hoofweg val

Foto: Dunwoody Polisie/Facebook

Foto: Dunwoody Polisie/Facebook

Vier mense is Vrydag dood nadat ʼn ligte vliegtuig op ʼn hoofweg naby Atlanta, Georgia, in die VSA neergestort het.

Die ligte vliegtuig het minute nadat dit by ʼn klein lughawe opgestyg het op die Interstate 285-hoofweg neergestort. Die hoofweg was vir ure in albei rigtings gesluit.

Niemand anders is in die ongeluk beseer nie, maar verskeie motoriste moes uitswaai vir die brandende vliegtuigwrak. Die name van die oorledenes is nog nie bekend gemaak nie, maar volgens beamptes was vier mans en ʼn vrou aan boord die vliegtuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Dave ·

My rekenaar sê die ‘hoofweg’ is gesluit na al die kante toe. Jy gebruik dalk ‘n stokou Windows van 19toet se jare (of is ‘n regstelling in stilte gedoen?).

Dave ·

My rekenaar sê die ‘hoofweg’ is gesluit na alle kante. Jy gebruik dalk ‘n stokou Windows van 1919 (of is ‘n regstelling in stilte gedoen?).

Sune van Heerden ·

Dagsê Dave

Ons vra om verskoning – die fout is inderdaad intussen reggestel.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Dave ·

Askies vir die herhaling. Miskien moet ek ook Windows hernu!

Peet Schabort ·

Maak net die een venster toe Dave, dan gebeur dit nie.

Peet Schabort ·

Vir die wat dalk nie weet (by ons word dit ook al gedoen), kyk na die linkerkantse ryvlak en op sy kant is daar ‘n riffelstrook. Dit is om jou wakker te maak wanneer jy besig is om die pad te verlaat. Gewoonlik word daar in ‘n berig gesê dat “die motor” het die pad verlaat. Gelukkig het ek so deur die jare nie moeilikheid gehad met my voertuie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.