Vier dood ná Zim-lugmaghelikopter neerstort

(Foto: Zinyange Auntony/AFP)

ʼn Kind en drie bemanningslede is dood nadat ʼn Zimbabwiese lugmaghelikopter op ʼn huis buite Harare geval het.

Die voorval het Vrydag in die dorpie Acturus, ongeveer 30 km oos van Harare, plaasgevind.

“Die helikopter het op ʼn huis geval en die lewe van twee vlieëniers, ʼn tegnikus en ʼn kind op die grond geëis,” het die Zimbabwiese lugmag in ʼn verklaring gesê.

Die kind se ma en nog ʼn jong meisie is met brandwonde na ʼn hospitaal gehaas.

Daar is kontak met die helikopter verloor kort nadat dit by die Manyame-lugmagbasis opgestyg het.

Soek- en reddingspanne is ontbied om die vliegtuig op te spoor waarna die wrak gevind is. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

Die lugmag het sy medelye met die families van die oorledenes betuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.