Vier doodgeskiet by VSA-winkelsentrum

Foto: Dean Rutz/The Seattle Times via AP

Foto: Dean Rutz/The Seattle Times via AP

Vier vroue is Vrydagaand by ʼn winkelsentrum in Burlington, in die Amerikaanse deelstaat Washington, doodgeskiet.

Sers. Mark Francis van die Washington-polisie het gesê ʼn gewapende man het omstreeks 19:00 Vrydagaand by Macy’s in die Cascade Mall ingestap en op inkopiegangers losgebrand. Vier vroue is doodgeskiet en ʼn man is kritiek gewond.

Die skieter het hierna te voet gevlug en die polisie was Saterdagoggend steeds op soek na hom. Volgens Francis is die motief vir die skietery nog nie bekend nie.

Kringtelevisebeeldmateriaal van die vermeende skieter.

Kringtelevisebeeldmateriaal van die vermeende skieter.

Die FBI het polisiebeamptes bygestaan in die soektog na die verdagte.

Tari Caswell, ʼn inkopieganger, het aan die Skagit Valley Herald gesê sy was in ʼn aantrekhokkie toe sy vier skote gehoor het. “Daarna het ek nog sewe skote gehoor. Ek het net daar gebly. Dit het later stil geraak voordat ek ʼn vrou om hulp hoor skree het. ʼn Man het my en ʼn ander vrou kom haal en ons het by die winkel uitgehardloop.”
Die winkelsentrum is na die voorval ontruim.

Op 17 September het ʼn man 10 mense met ʼn mes gesteek by ʼn winkelsentrum in Minnesota, voordat hy deur ʼn polisiebeampte doodgeskiet is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Cathy Kotze ·

Die skietery was naby Seattle, in die staat Washington.

Dis duisende kilometer van Washington, DC.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.