Vier in Australië dood weens listeriose

Argieffoto

Vier mense is in Australië dood ná hulle glo spanspek geëet het wat met listeria besmet was.

The  Guardian berig altesaam 17 gevalle is Woensdag oor die oostelike state van Australië aangemeld met twee sterftes in onderskeidelik Victoria en New South Wales.

“Die vierde mens, van Victoria, is glo reeds verlede week dood, maar resultate wat bevestig dat hy aan listeriose gesterf het, is nou eers beskikbaar,” lui die berig.

Perth Now berig dat gesondheidsowerhede in New South Wales (NSW) gesê het die mense wat in dié staat dood is, is ʼn man en ʼn vrou wat gebore is met “onderliggende mediese toestande”.

ʼn Woordvoerder van NSW-gesondheid het gesê die sterftes is nie dadelik aan die listeriose-uitbreking gekoppel nie.

ʼn Spanspekboer se plaas in Nericon in NSW is intussen as die bron van die verdagte vrugte vasgestel. Die boer het sedertdien ingestem om die verspreiding van dié vrug te staak.

Die regering in NSW is intussen daarvan beskuldig dat hulle te lank geneem het om die publiek te waarsku ná ondersoeke in Januarie van stapel gestuur is.

Maroela Media het vroeër berig listeriose word veroorsaak deur die bakterie Listeria monocytogenes.

Dit word aan mense oorgedra deur die inname van besmette voedselprodukte. Enigiemand kan listeriose opdoen hoewel swanger vroue, bejaardes en mense met ʼn verswakte immuunstelsel of onderliggende toestande soos diabetes, kanker of MIV/vigs meer vatbaar is.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) het bevestig die uitbreking van listeriose in Suid-Afrika is die grootste wat nog ter wêreld aangeteken is. Meer as 700 gevalle is tydens 2017 aangemeld en meer as 900 gevalle sedert die uitbreking begin het. Meer as 180 mense is reeds dood.

Voorvalle is in al nege provinsies in Suid-Afrika aangemeld, maar veral in Gauteng. Die bron van dié uitbreking is intussen geïdentifiseer as die Enterprise Foods-aanleg in Polokwane wat polonie, Weense worsies en kouevleissoorte vervaardig. Alle produksie is gestaak en Enterprise-produkte is onttrek.

Die inkubasietydperk vir listeriose wissel van drie tot 70 dae. Simptome is gewoonlik lig en sluit in koors, spierpyne, ongesteldheid, naarheid en diarree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

E.K. die eerste ·

Ek moet een ding sê en dis dat ek nie glo SLEGS Enterprise produkte is die oorsaak nie. Daar is glo heelwat babas (infants vlg die verslag) dood aan die siekte en ek kannie dink hulle het polonie of russians geëet nie. Ek weet nie watter ouderdomme hul is en as hul wel nog babas was was dit dalk in melk/melkprodukte. Ek sou sê daar moet na verdere oorsake ook gesoek word. Die man in die Oos Kaap was ‘n vegetariër wat graag sagte kaas by plaas/mark gekoop het so dit kon is sy geval die oorsaak gewees het. Nou rus die Dep van Gesondehied weer op hul louere – hul het die oorsaak gevind. NEE! Soek nog sou ek sê!

Lee ·

NIEMAND het ooit gese dis slegs Enterprise nie. Oorsaak in fabriek ja, maar nooit SLEGS hulle nie.

Yolande ·

Daar was vanoggend op radio ‘n gesprek oor hoe pasgebore baba’s besmet word met die siekte. As ‘n swanger vrou dit kry baie laat in haar swangerskap, beweeg dit deur die bloedstroom na die ongebore baba en wanneer die baba gebore word, is hy/sy reeds besmet met die siekte. Pasgebore baba’s (infants) het nog nie ‘n sterk immunstelsel nie en dan sterf hulle as gevolg van listeriose.

E.K. die eerste ·

LEE, Dis juis my punt – babas kon dit NIE in verwerkte vleis inkry nie – lees mooi wat ek probeer sê. Ek is bekommerd dat die Dep van Gesondheid nou nie verdere ondersoek doen want ‘N oorsaak (nie noodwendig die ENIGSTE) is gevind. In die 1950’s (as ek jaartal reg onthou) was die siekte in Duitsland – dit bestaan al jare en het al in baie lande voorgekom en kom in alles voor. Lees tog mooi wat ek probeer sê. Australië het hierdie uitbraak se oorsaak binne dae geidentifiseer terwyl ons maande moes wag vir uitslae. Daarom juis bekommer ek my dat die Dep van Gesondheid nou weer hande-gevou gaan sit en dink dis DIT.

Polonykwane en verder oor die see ·

Is hierdie pestilensie nou in Australië ook! Mens kan nie eers meer vrugte eet nie. Sommige van die vrugte op die rake hier word van ander lande af ingevoer.

wilma ·

Dit sal interessant wees om te weet hoe virus in/op die spanspekke gekom het.

Olga ·

Wilma, die siekte kom eindelik voor in die grond.

Daar was so rukkie terug n hoender boer op Standerton wat se hoenders dit ook gehad het.

Antoinette ·

Let wel, listeriose is n bakterie, nie n virus nie. Dit kan dus lank in besmette kos teenwoordig wees.

Oopsie ·

So dit is NIE net geprosesseerde voedsel/vleise nie? Vorige sake is ook aangemeld van mense wat vrugte/groente wat geeet het. Weet nou nie meer wat ons mag en nie mag eet nie. Almal het nou Afrika en Venezuela skuld gegee, Australie is ‘n hele entjie hiervandaan en hulle is SOOOOO streng jy mag nie eers kraletjies dra wat uit hout of saad gemaak is nie .. oops!

Nico K ·

Dit is blykbaar ‘n feit dat daar jaarliks omtrent 100 mense in SA sterf aan die siekte. Dit is dus nie net die polonie nie. Die media het dit bietjie uit verband geruk.

GM ·

E.K. die eerste, dit kan oorgedra word aan die fetus as die moeder besmette kos geëet het. Wat die spanspek aanbetref, grond of fertiliseerders kan onder andere die oorsaak wees daar. Ons land se water is ‘n groot probleem. Ek glo ons gaan meer en meer ‘geteister’ word deur siektes wat verband hou met ‘n tekort aan higiëne.

Alida ·

Alle vrugte moet deeglik gewas word want dit word met hand gepluk deur mense. Ons almal weet daar is nie toiletgeriewe of water in die boorde of in die lande nie. Maak maar jul eie gevolgtrekking.

Amelia ·

Water, water, water, water en menslike vullis wat orals in lek. Ek glo nogsteeds dat dit ook Enterprise se probleem was. Hul het besmette water gebruik vir die voorbereiding van die kouevleis. Al was dit om oppervlakte skoon te maak. Ek meen wat uit die kraan kom is veronderstel om 100% skoon te wees.

Sjokolade veilig ·

Nog geen listeria in sjokolade gevind nie, Ook gerugte dat brandewyn en rooiwyn nog veilig is. Doen jou eie navorsing en eet en drink veilig!

hendrik ·

Het julle al mooi daaroor gedink oor die maak van polonie? Al die goed soos longe, dierpote en velle en nog baie meer word in n groot kookpot gegooi om te kook en dan laat afkoel en dan met menslike vuile pote al die bene en groter harde stukke uitgesoek. hierna word die brousel in n vuil masjien gegooi wat dit deur n ronde buis in n ronde stuk besmette plastiek inpomp. Kieme tot die mag duisend se ek vir julle.

DraakSteek ·

Hendrik – jy besit seker ‘n biltongstalletjie of is ‘n biltongverkoper en jy hou nie van kompetisie nie!

hendrik ·

Draaksteek .

Draaksteek. Nee ek het nie n biltongstalletjie nie en en in my bedryf is daar nie kompetisie nie. Die punt is dat veertig jaar gelede was dit n trotse beroep om n gesondheidsinspekteur te wees. Wanneer laas het jy een gesien. Terloops, dit wat ek beskryf het is die waarheid. Waarom wil jy sulke goed eet as dit nie gesond is nie. Gaan koop vir jou n lekker tros druiwe.

wielie ·

Hendrik? Is jy nou ernstig oor wat in polony is? Ek eet dit nie maar wonder nou ???

Lilee ·

Ek het jare gelede as leerling verpleegster so aanleg besoek. Met my eie oe gesien en daai reuk! Ek eet tot vandag toe nie rooiworsies of polony nie. Hendrik is reg. Maak nie saak wie dit maak nie.

WitBlits ·

DIt lyk my listeriose histeria is in die lug en nou wonder ek wat van Suid Afrika se kosse is nog veilig of is spanspek volgende.
Dit is seker APARTHEID se skuld dat die vorige regering / regime nie die aaklige bakterie uitgeroei het nie!!

danie nilsen ·

pap en n lekker gebraaide varktjop met uie en tamatie in n kerrie sous is nog my dood lissiesetrossie en al mens moet eet ek laaik gelukkig nie spanspek nie soos rou pampoen ausies kan dit maar daar hou, en ja dit is amper n krominele oortreding van hoe worsie en polonie gemaak word maar net soos bakebeans en alle verwerkte kosse shortcuts om die profyt so bietie opwaarts te vat voor malema en cancer dit ook vat

E.K. die eerste ·

Pas op enuus gesien dat eerste uitbraak by swart hopitaal was in neo-natale eenheid. Dis verswyg – al die aandag is op Enterprise et al gevestig. Dis van vuilgeid in hospitale. Die DA se me Lindy Wilson (skadu minister van gesondheid)het pas in die Parlement GOED en duidelik (en agterna GROOT toejuiging gekry) die Minister van Gesondheid aanspreeklik gehou vir hierdie sterftes. Daar word glad nie meer na higiëne in plekke waar voedsel voorberei of verwerk gekyk en nog minder in hospitale. Sy het duidelik gesê dat sy pas ‘n hospitaal besoek het en sou jy met listeriose daar aankom is die kanse GOED dat jy sal sterf.

Linicia ·

Ek stem saam met me Lindy Wilson. Alle hospitale se kombuise moet deur die Dept van gesondheid ondersoek word. Julle sal verstom wees oor hoe van die kombuise lyk waar jou kos voorberei word. Dis n skreiende skande.

RM ·

Mmm, dit is hoekom hulle wit mense onderdruk want julle vra al die regte vrae. Onderhoud veg werk en in hierdie land is werk ‘n vloekwoord.

Casper Labuschagne ·

Interessant hoe gou die voorkoms van ‘n bakterie in die grond of voedselprodukte in Suid Afrika, ‘n dimensie van ras bygekry het. Dit is nou nie meer die bakterie wat die skuld kry nie, maar staatshospitale aan die een kant en voedselvervaardigers in wit besit aan die ander kant.

jaco ·

sien almal nou die verskil tussen aanstellings suiwer op meriete en aanstellings suiwer op die “regte” ras?
Australië kry die oorsaak/bron van die listeriose binne ‘n paar dae.
In SA duur dieselfde soek ‘n paar maande, en dan word ‘n paar lelike rasgebaseerde beskuldigings ook nog na die bron van die siekte gegooi.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.