Vier jaar om Notre Dame-katedraal se orrel skoon te maak

Philippe Lefebvre (64) speel die orrel by die Notre Dame-katedraal (2 Mei 2013) (Foto: AP Photo/Christophe Ena, File)

Die orrel by die Notre Dame-katedraal in Parys, Frankryk, word pyp vir pyp uit mekaar gehaal sodat dit behoorlik skoongemaak kan word ná ʼn verwoestende brand in 2019.

Die reusagtige taak om die grootste musiekinstrument in Frankryk uit mekaar te haal, dit skoon te maak en weer aan mekaar te sit, het Maandag begin en sal na verwagting vier jaar lank duur. Dit sal boonop ses maande lank duur om die orrel weer te stem en na verwagting sal geen note weerklink voor 2024 nie, aldus die staatsagentskap wat die Notre Dame se restourasiewerk hanteer.

Die orrel, met sy 8 000 pype, het wonderbaarlik die verwoestende brand oorleef wat in April 2019 die katedraal se dak en vieringtoring ineen laat stort het. Die brand het egter die orrel met loodstof bedek en dit moet nou sorgvuldig verwyder word.

Alhoewel die orrel nie gebrand het nie, het dit skade opgedoen tydens ʼn rekord-hittegolf verlede somer en dit is ook geraak deur ander temperatuurwisseling, aangesien die orrel nie meer onder dak staan nie.

Kenners het Maandag begin om die orrel se klawers te verwyder en die pype sal ook uit mekaar gehaal word in ʼn proses wat waarskynlik tot die einde van vanjaar sal duur. Die stukke sal in spesiale houers geplaas word in die groot katedraal, waar die skoonmaakwerk en restourasie sal plaasvind.

Die orrel, wat uit 1733 dateer, sal na verwagting op 16 April 2024 weer weerklink, vyf jaar ná die brand uitgebreek het, het die agentskap bygevoeg.

Pres. Emmanuel Macron is vol verwagting dat die katedraal sy deure betyds vir die Olimpiese Spele in 2024 kan oopmaak, maar dit het reeds langer as ʼn jaar geduur om die gevaarlike loodstof en steierwerk, wat tydens ʼn vorige opknappingsprojek opgerig is, te verwyder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Pieter ·

Pragtige nuus. Bly dié mense gee om vir so ‘n pragtige musiekinstrument. Dit moet akoesties fantasties klink in die katedraal. In Suid Afrika word orrels verwoes deur die musiekvandale, soos in die Pretoria stadsaal en Port Elizabeth. Pas op daar in Parys wie na jul orrel en kathedraal kyk. Die een wat die orrel verwoes het in Nantes is ‘n vandaal uit Afrika (Rwanda). Vandale het immers Rome tot ‘n val gebring.

Delon ·

ja nee kyk , sosialisme maak mense lekker sleg , vier jaar om n werk te doen wat in kapitalistiese lande ses weke sou vat
dan wonder mense hoekom die regerings besig is om finansieel in mekaar te tuimel

Dorkie ·

Het jy geweet, Delon dat daardie orrel nie in ses weke herstel kan word nie. Dit is ‘n antiek. Lees die artikel weer en sien die ouderdom. Dit is ‘n wonderwerk dat daar nog mense is wat op die orrel kan speel, meer so die wat dit nog kan regmaak.

Misky ·

Ek besef daar is baie werk wat daarin gaan en daarom so lank. Maar ek kon nie help om te begin lag en wonder of die ANC dalk die tender gekry het nie…… ha ha ha

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.