Vier sterf op rit by pretpark

Die Thunder River Rapids-rit. Foto: Dreamworld

Die Thunder River Rapids-rit. Foto: Dreamworld

Vier mense is Dinsdag dood by die Dreamworld-pretpark in Queensland, Australië.

“Die polisie ondersoek tans die voorval waarin vier mense dood is,” het die Queensland-polisie in ʼn verklaring gesê. Volgens die verklaring is die polisie na die toneel ontbied ná berigte dat talle mense deur ʼn vervoerband beseer is.

Die ongeluk het op die Thunder River Rapids-rit plaasgevind. “Die polisie en ander nooddienste is op die toneel en geen verdere besonderhede kan in dié stadium bekend gemaak word nie.” Die polisie het vroeër gesê vier mense is kritiek beseer.

Dreamworld het intussen die voorval betreur. “Dreamworld werk so gou moontlik om die feite te bevestig rondom die voorval en werk nou saam met die nooddienste en polisie om dit te doen.” Die bestuur van die pretpark het die gebied waar die voorval plaasgevind het, afgesper.

Tom Tate, burgemeester van Australië se Goue Kus, het sy medelye met die oorledenes se families en vriende betuig. “Dit is ʼn baie hartseer dag. Ons gebede is met die families van dié wat geraak word sowel as die nooddienspersoneel.”

Die Dreamworld-pretpark het in 1981 sy deure geopen. Die Rapid River Ride is in 1986 geopen. Sowat 1,8 miljoen mense besoek jaarliks die pretpark.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Azuni ·

‘n Ander nuus blad het die fotos van die toneel waar die noodhulp mense aan werk. Mens kan sien mense is met komberse toe gegooi. Dit is regtig ‘n wrede manier om te gaan. Veral by ‘n pret park. Ons gaan baie op dieselfde ry ding by Goldreef City en dit sal nooit oor ‘n mens se gedagtes kom dat so iets gebeur nie. Die artikel het ‘n paar goedjies mis (seker vir sensitiewe doeleindes). Daar was 2 mans en 2 vrouens. 2 van die mense was uit die ding gegooi en die ander 2 was vas gekeer op hom toe hy om geslaan het. Baie tragies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.