Vier sterf tydens brand by Hospice

Die brand by die Hospice in Pole (Foto: TVN24)

Vier persone is dood en minstens 24 beseer toe ʼn brand by ʼn Hospice in Pole uitgebreek het.

Die brand het Maandagoggend omstreeks 03:00 uitgebreek by die tehuis in Chojnice in Pomerania, in die weste van Pole, het ʼn woordvoerder vir die brandweer aan die nuusagentskap PAP gesê. Die brand is intussen geblus.

Die 24 beseerdes sluit 20 pasiënte, twee personeellede en twee polisiebeamptes in, het die administratiewe hoof van Pomerania gesê.

Die brand het in een van die Hospice se kamers uitgebreek, vermoedelik weens ʼn pasiënt se sigaret, het ʼn polisiewoordvoerder aan die TV-uitsaaier TVN24 gesê.

Die gebou het nie enige rooksensors of brandalarm gehad nie, aldus die hoof van die plaaslike brandweer.

“Al die pasiënte in die Hospice was persone wat nie op hul eie kan beweeg nie. Twee personeellede het probeer om die pasiënte uit die gebou te skuif, maar geslote deure het hul pad versper. Nooddienste moes later die deure oopbreek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.