Vier van haatmisdaad aangekla ná aanval op man

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Vier jong swart mense word in die VSA van haatmisdaad aangekla in verband met die ontvoering en aanranding van ʼn 18-jarige wit verstandelik gestremde man.

Volgens die polisie in Chicago het die aanranding ure lank voortgegaan en is die slagoffer later gevind waar hy verward en gedisoriënteerd deur die strate van die Homan Square-woonbuurt gedwaal het. Sy ouers het hom Maandag as vermis aangemeld en hy is Dinsdagmiddag opgespoor.

Die aanranding is regstreeks op Facebook geplaas en die video daarvan is ook later op YouTube gelaai. Die video wys hoe die man ineengekrimp in ʼn hoek van ʼn vertrek sit. Op die beeldmateriaal kan gesien word die slagoffer se mond is toegeplak en hy is vasgebind. Daar word gesien hoe sy klere geskeur word en ʼn wond is op sy kop sigbaar. “F*k Donald Trump, f*k wit mense,” skree iemand. Die slagoffer was glo sowat vier tot vyf uur lank vasgebind.

Anthony Guglielmi, woordvoerder van die Chicago-polisie, het gesê die verdagtes word van haatmisdade aangekla weens hul rassistiese uitlatings en hul verwysing na die slagoffer se gestremdheid.

Die slagoffer was ʼn klasmaat van een van die aanvallers. Hy het een van die verdagtes, Jordan Hill (18), op 31 Desember by ʼn McDonalds ontmoet en sy ouers het gemeen hy sou by Hill se huis oorslaap. Hill het die slagoffer glo hierna in ʼn gesteelde voertuig rondgery voordat hulle na die huis van twee van die ander verdagtes is. Dit is glo hierna waar die aanranding en rassistiese uitlatings plaasgevind het nadat die vierde verdagte by hulle aangesluit het.

Die vier verdagtes word ook van ontvoering, aanranding en onwettige aanhouding aangekla. Hulle verskyn na verwagting Vrydag in ʼn hof. Die verdagtes is Hill, Brittany Covington (18), Tesfaye Cooper (18) en Tanishia Covington (24).

Die verdagtes.

Die verdagtes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Lance ·

Walglik ! Slagoffer n weerlose verstandelik gestremde kind …hoe siek !

Anton ·

…die realiteit is…dat niks ter wereld die soort van dade – wit teen swart, swart teen wit of nasie teen nasie – sal keer nie…maak nie saak wie teen wie nie…dit is hier om te bly…al is dit ook hoe walglik…

Balkie ·

Die haat gees loop hoog wêreldwyd . Werklik walglik. Ten minste word hul aangekla. As dit in SA was het dit ongemerk verby gegaan.

Patrys ·

Ek stem saam Balkie! En ek is bly foto’s en alles word gewys…..nie soos by ons onder die mat ingevee nie!

Marinda ·

As so iets in Suid-Afrika plaasvind sal absoluut niks gebeur met die skuldiges tensy diw skuldiges wit is

Magriet le Roux ·

Wit sal met wit heul, bruin met bruin en swart met swart. Nooit sal almal in vrede leef nie

Anton...Magriet, jy slaan die spyker op die kop... ·

…die realiteit is…dat niks ter wereld die soort van dade – wit teen swart, swart teen wit of nasie teen nasie – sal keer nie…maak nie saak wie teen wie nie…dit is hier om te bly…al is dit ook hoe walglik…

andrea van vuren ·

Die Woord sê duidelik die skape moet van die bokke geskei word. In die diereryk gebeur dit normaalweg maar in die mensdom word hulle mos deurmekaar gedwing! Dis hoekom die gevegte nooit sal ophou nie.

Jakalas ·

Dis presies wat ek gedink het ook toe ek dit lees. Hulle het ‘n baie slegte tyd gekies om anti-wit te wees.

Ampie ·

Nog ‘n bewys wat verkeerd is in die wereld en hoe erg dubbele standaarde is. Ek het gaan kyk na CNN, BBC World, Al-Jazeera, Washington Post, LA Times en New York Times se webwerwe, en les bes, News24. Niemand maak ‘n groot storie daarvan nie. Ek kon net verwysings daarvan kry by Washington Post en LA Times. By LA Times verklaar hulle die man is nie oor ras aangeval nie, maar oor sy gesterdheid! Dit, my vriende, is wat fout is met die meeste nuusmedia.

Terloops ·

Ek hou nasionale en internasionale media (main stream media) nou al ‘n geruime tyd dop… die beriggewing drup van vooroordeel en propaganda. So word meeste aan hulle neuse rondgelei.

Liza ·

Dis nou vieslik, arme kind asof hy daarvoor kan help…. en ja die duiwel is los wereldwyd, hoop hulle sluit hulle toe, dis nou regtig onnodig…….

Andre van den Berg ·

Uiteindelik is daar n land waar haatspraak nie eenrigtingverkeer soos in Suid-Afrika is nie!

Jakalas ·

Gaan dalk nie in my leeftyd gebeur nie, maar eendag gaan dit so moet word. Die wêreld se denamika (jammer vir die spelling) verander so baie, dat eendag enige rasisme nie enige plek mag toegelaat word nie. ‘n Goeie voorbeeld is hoe die wêreld nou begin om meer en meer alle sekuale (weereens jamer vir die spelling) orientasie te aanvaar, wat mense gedink het sou nooit sal gebeur nie, so 20 jaar terug.

pieterdp ·

So waar dis nie SA. waar slegs blankis rasite uit gemaak word nie.
Nog nooit van my kinder dag was rasisme soo op geblaas soos nou nie. Maar lees en gaan na die media en jy sal sien wie is die werklike sondaars. Moord roof aanranding diefstal. En en en.

Jakalas ·

Dis omdat rasisme nou as ‘n baie handige politieke wapen gebruik kan word in ons land.

Deon Pretorius ·

Die EFF, ANC of DA sal nie iets sê nie, omdat al drie dieselfde is – net die spelling verskil! Hier by ons het al die media weer almal gebreinspoel om DA te stem om die ANC en EFF uit te hou… en daar werk die DA en EFF tog nou saam. En onthou, dis dieselfde EFF se leier wat ‘n maand terug nog gesê het wit mense moet doodgemaak word. En die DA se reaksie? ‘n Dawerende Stilte! Dis onnosel mense wat DA stem omdat hul glo die DA sal na hul as wit mens en hul belange omsien. Onthou wat met die NNP gebeur het. Die DA is op dieselfde pad en die wit mense gaan weer in die steek gelaat word, dié keer deur die DA.

Dani ·

Haatmisdaad..? HIER word dit RASSISME genoem !!!!!!!!!!!! Dit is vir my ongelooflik hoe dit as ‘Haatmisdaad’ verdoesel word. #rassisme

Jakalas ·

Ek dink hier word dit meer plaas moorde genoem. Hulle sien dit net nie as haatmisdade nie.

Francois ·

as jy dit nou met hulle doen dan brand hul alles af.is mos kroon wild.Hier by ons druk hul een in n doodskis in dan is dit wereld nuus en hul wil als afbrand.mar 2 weke terug slaan hul 2 ou mense onherkenbaar dan word dit nie eers op tv gesit nie.

Ek ·

Ons kan net bid dat ons nie met soveel haat opgeskeep is nie. Dit gaan maar baie moeilik as mens dit sien, maar Jesus het gesê bid vir hulle dat hulle oë mag oopgaan.

Justice ·

Die haat en arrogansie van die gesigsuitdrukkings op die polisie fotos spreek boekdele – Suid Afrika sit met presies dieselfde probleem.

Ben ·

Die aanvallers is seker baie braaf net soos hier waar ou mense, vrouens en kinders gereeld geteiken word sodat die aanvallers nie self kan seerkry nie. Om ‘n gestremde aan te vat is egter nog ‘n stap laer! God slaap nooit nie en hierdie skuimbolle sal nog erg gestraf word.

Louis ·

Die apartheid regering het ons wittes so mooi opgepas.Ons het maar net terug gesit .Alles was vir ons gedoen.Nou is daar n ander regering wat niks voel vir die land se mense nie.Die wittes is so gewoont iemand anders sal alles uitsorteer dat ons nou nog net terug sit of skryf n ou ietsie soos wat ek nou doen.Wie gee tog om wat ons hier skryf ?Niemand nie ons blaf ons self.Ons sal moet opstaan.Ons self fisies verdedig en ophou praat maar doen.Ons is maar n ou slapgat nasie!Jy bid nie voor die oorlog nie maar terwyl jy oorlog maak.God sal ons help terwyl ons besig is maar nie as ons terugsit en niks doen nie.

Lena Jonk ·

Trump gaan hulle roer maak nie n fout nie, gee net kans tot 20ste Jan.

Fiona steyn ·

Wow Louis. n Man so na my hart. Ek se dit al vir n geruime tyd. Dis bitter waar. Staan op en hou op om bekgeveg te maak. Staan saam. Suid Afrikaansers ken nie so iets nie. Almal vir een en elkeen vir homself. Niemand wil die waarheid hoor of praat nie. Te bang vir konflik.

Kaspaas ·

Dankie Maroela vir die berig die ander hoofstroom media se stilte in verband met die verbaas my nie want swart op wit rassisme is nie net nie nuuswaardig nie, maar sosiaal aanvaarbaar

Renier ·

Fopnuus, bedoel om emosionele reaksies aan te wakker. Aces and eights = dead man’s hand!

E.K. - ek sê net! ·

Looooosers! Eerstens boelie nie hul eie portuur en “one on one” nie, maar neem ‘n arme gestremde, maak hom vas sodat hy homself nie eers kan verdedig nie. Swakkelinge – wens ek kon dit vi rhul sê. As hul nou idnk hul is wenners of het IEMAND beindruk met hul lafhartigheid moet hul weer dink. Mense behoort hul gedurig in strate uit te kryt en uit te lag as gekke en “sissies” ens sodat almal heeltyd hul kan eien. Maar dit moet aanhoudend wees en hul moet naderhand nie op straat wil waag nie. soms dink ek so iets is groter straf as net tronkstraf waar hul in elk geval net meer gemors leer vir wanneer hul uitkom.

Oosie ·

Ek dink verstandelike gestremdheid geld eintlik amdersom in hierdie geval…

Magda ·

Die DA sal doodstil wees, want hulle kantoor is gesluit van 12/12/2016 tot 17/1/2017 hulle le nou iewers op ‘n eiland en rus.

Rynhardt ·

Magda, die liberale DA rus seker in Brittanje of hoe? Ek bedoel die liberale kry hul finansiele inspuiting van die Engelse!!

Rynhardt ·

In die VSA maak n swart burgemeester van rassistiese taal gebruik op Twitter! Hy vloek en vaar uit teen wittes in Amerika en beskou alle wittes as rassiste, en dat hul die minderheid is.Hoofstroommefia ignoreer hom, want rassisme kom net van wittes af.Die liberale sit agter dit.In SA word daar deur die Anc, Zuma en veral DA asook die MRK gereken dat rassisme kom net by wittes voor en nie by swartes nie.Dit word werekdwyd deur die NWO georkestreer wat due liberale gebruik .DA betoog net teen wittes, maar die wettiging van rassisme teen ons, die wrede moorde teen ons blankes, is aanvaarbaar vir hul.Kom ek spel dit uit.SA politiek is lankal dood en die blankes sal moet verg vir oorlewing!

oni ·

Ek weet nie na watse CNN julle kyk nie, maar myne is van vroeg af, heeltyd op die nuusflits

John ·

Die Demokrate, met Clinton, Obama en ander hogeres in die tou, tree soos swak Afrikaleiers op wat weier om te aanvaar dat hulle die verkiesing verloor het en moet padgee. Uiters beledigende uitsprake soos dat ‘Trump moet groot word’ of ‘sy nonsens moet los’ word gemaak. Dit sweep hul ondersteuners verder op, veral die liberale aggressiewe groepe. Rusland moet die boef in die storie bly volgens die Demokrate se millitere strategiee anders val al hul planne deur die mat. As daar nie ‘n sluipmoordpoging op Trump binnekort plaasvind nie, sal mens verbaas wees. Die Demokrate gaan die grootste kraters van hulself maak in ‘n poging om van hul suurdruiwe ‘n goeie uitvoerproduk te maak. Rampspoed wag.

Andre ·

Survival of the fittest!

Hoe fiks is jy fisies en psigies?

Onfikse groepe sal uitgewis word!

Aai ·

Rassisme is oral. Wanneer gaan iemand begin kyk na HOEKOM versoening net nie moontlik is nie – by wie le die probleem? As by die straat waarin ek bly my kinders nie welkom is om te gaan speel by die kinders van huise nr 17, 19, 21 en 23 nie. Die mense by nr’s 18, 20 en 22 kom ook nie met my kinders oor die weg nie en jaag hulle weg – waar is die probleem? Is dit die kindertjies by al die ander huise wat rassiste is, of het dit dalk iets te doen met hoe MY kinders hulle gedra?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.