Vierde aanvaller dood tydens klopjag by Burkina Faso-hotel; 23 dood

Soldate poog om weer beheer te kry van die hotel Foto: @ajenews, Twitter

Soldate poog om weer beheer te kry van die hotel Foto: @ajenews, Twitter

ʼn Vierde aanvaller is Saterdag dood ná militante Vrydagaand ʼn luukse hotel in Burkina Faso se hoofstad beset het. Volgens owerhede is minstens 23 persone dood.

Die aanvaller is in die Yibi-hotel dood, naby aan Splendid Hotel, waar sekuriteitsmagte 126 gyselaars bevry het. Drie aanvallers is vroeër Saterdag dood, het die land se sekuriteitsministerie, gesê. Twee van die aanvallers was vroue.

Die 23 slagoffers is van 18 verskillende lande, terwyl 40 ander persone behandeling ontvang in groot hospitale in Ouagadougou.

Gilles Thibault, die Franse ambassadeur in Burkina Faso, het egter op Twitter aangedui minstens 27 persone is dood.

Die Splendid Hotel, wat naby aan die stad se internasionale lughawe geleë is, huisves gereeld toeriste van die Weste, insluitend VN-personeel en verslaggewers.

Die al-Kaïda in die Islamitiese Maghreb het die hotel aangeval.

ʼn Egpaar van Oostenryk is intussen Vrydagaand in die land se noordelike streek, aangrensend met Mali, ontvoer.

Lees alle vorige berigte oor Burkina Faso op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Rupert Ashford ·

Lyk of die egpaar wat ontvoer is toe van Australia is en nie Austria nie. Glo ‘n dokter en sy vrou wat al vir iets soos 30 jaar ‘n mediese kliniek bedryf in die area.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.