CNN berig die verdagte, Vester Flanagan, is deur polisiebeamptes op ʼn hoofweg voorgekeer waarna hy homself geskiet het. Volgens die berig is hy in ʼn ernstige toestand hospitaal toe geneem. Flanagan het glo ook vir dieselfde nuuskanaal, WDBJ, gewerk as Alison Parker en Adam Ward, wat doodgeskiet is.
Volgens berigte het Flanagan die naam Bryce Williams gebruik toe hy by die nuuskanaal gewerk het. Hy is glo afgedank, maar die rede hiervoor is nie bekend gemaak nie.
Flanagan het glo kort na die skietery ‘n video en inskrywing op Facebook en Twitter geplaas. Die rekeninge is albei kort hierna verwyder.Alison Parker, ʼn TV-aanbieder en Adam Ward, ʼn kameraman, is omstreeks 06:45 Woensdagoggend doodgeskiet tydens ʼn regstreekse uitsending.
Tydens die onderhoud is skote en gille skielik gehoor waarna die kamera op die grond geval het. Volgens WDBJ7 was Ward 27 jaar oud terwyl Parker pas 24 geword het. Parker was besig om ʼn onderhoud te voer met Vicki Gardner, ʼn direkteur by die plaaslike sakekamer, oor toerisme in die area toe die aanval plaasgevind het. Gardner is in die rug geskiet en is in die hospitaal opgeneem.
Blyk weereens n ras gedrewe aanval op twee onskuldige jong mense te wees. Al afleiding wat ek kan maak uit die berig.
Hi Winston
Elders word berig dat die skieter afgedank is deur die slagoffers se toedoen en dat hierdie aanval uit weerwraak gepleeg is. Daar is geen sprake dat dit ‘n rassevoorval was nie.
Weerwraak omdat hy afgedank is deur toedoen van wittes. Defnitief speel ras n rol.
Gelukig kan Swartes nie rassisties wees nie. of die sou as rassisties geklassifiseer kon word.