Visserman sê walvis het hom ingesluk

Michael Packard (Foto: Michael Packard/Facebook)

ʼn Amerikaanse kreefvisserman sê hy was Vrydag in die bek van ʼn boggelrugwalvis.

“Ek was vir sowat 30 tot 40 sekondes in sy toe mond voor hy na die oppervlak gekom en my uitgespoeg het,” het Michael Packard op Facebook gesê ure ná sy avontuur in die see. “ʼn Boggelrugwalvis wou my eet. Ek het baie kneusplekke opgedoen, maar ek het nie enige gebreekte bene nie.”

Packard se byna ongelooflike verhaal begin toe hy aan die kus van die noordoostelike staat van Massachusetts geduik het vir kreef, berig die plaaslike Cape Cod Times.

“Ewe skielik het ek gevoel ek word gestamp en die volgende oomblik toe is alles pikdonker,” het hy gesê ná hy uit die hospitaal ontslaan is. Hy was sowat 10 meter onder die water en het eers gewonder of hy dalk deur ʼn haai aangeval is. Die gebrek aan tande en pyn het hom egter laat besef hy is in die bek van ʼn walvis.

“Ek het lig gesien, en hy het begin om sy kop heen-en-weer te beweeg en die volgende oomblik toe is ek buite [in die water],” het Packard verduidelik.

Packard se visvangmaat, Josiah Mayo, “het die ontploffing van water gesien toe die walvis na die oppervlak gekom het en Packard uitgespoeg is”.

Michael Packard (Foto: Provincetown Community Space)

Jooke Robbins, direkteur van boggelrugwalvisstudies aan die Center for Coastal Studies in Provincetown, Massachusetts, het gesê sy trek nie die verhaal in twyfel nie. “Ek dink nie dit is net ʼn poets nie, want ek ken die mense wat betrokke is. Ek glo absoluut dat dit wat hulle sê, die waarheid is.”

Robbins sê sy het nog nooit vantevore van só “ongeluk” gehoor nie, maar dit is moontlik dat Packard net op die verkeerde plek op die verkeerde tyd was.

“Wanneer ʼn walvis wil vreet, jaag hy vorentoe, maak sy bek oop en sluk die vis en water baie vinnig,” verduidelik sy en sê hulle het baie groot bekke, maar hul keel is so nou dat hulle nie ʼn mens sal kan insluk nie.

Volgens Mayo se beskrywing is die walvis redelik jonk en “kan dalk nog nie vinnig genoeg alles sien wat voor hom is nie”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Snuffels ·

Hierdie nuus is vreemd en word altyd gelees met opgetrekte wenkbroue of ‘n frons. Kon hy vir 30 tot 40 minute sy asem ophou?

Boris ·

Hy het definitief nie ge-snorkel duik nie, want was 10 meter onder die water.

Gerhardus ·

Lees weer die artikel: “Ek was vir sowat 30 tot 40 sekondes in sy toe mond voor hy na die oppervlak gekom en my uitgespoeg het,” het Michael Packard op Facebook gesê ure ná sy avontuur in die see. “ʼn Boggelrugwalvis wou my eet. Ek het baie kneusplekke opgedoen, maar ek het nie enige gebreekte bene nie.”

Werner ·

Dis baie interresant en n “hoofstuk” in die bekendste Boek van alle tye. Gee dit n lees!

Linx ·

Haai nee,ek ken my bybel,ekt n stelling gemaak en ek glo nie dit het gesé ek ken nie my bybel nie,ooooo maar mens kry snaakse mense met snaakse verguurtjies.

pokkel ·

“maar hul keel is so nou dat hulle nie ʼn mens sal kan insluk nie” so wat sê dit omtrent die ander bekende mens in die walvis storie? :D

Cherokee ·

Verwys asseblief na waar jy gelees het dat dit ‘n walvis was? Sover ek onthou, was dit ‘n groot vis.

OW ·

Dit sê absoluut niks van die ander bekende mens in die walvis storie nie,want daar word nie van ‘n boggelrugwalvis gepraat nie.

Rudolph ·

Kom ons los die seediere om onverstoort hulle lewens te voer. Daar is niks in die see waarsonder ons nie kan klaarkom nie. Ons is landdiere, wat soek ons in die see?

Cherokee ·

Issie werklik ‘n kompliment nie, want as iets sleg is, word dit uitgespoeg:-)

Gerhardus ·

Daar is nou ‘n storie vir die walvis om vir die ander walvisse te gaan vertel oor die visserman wat weggekom het.

Francois Le Cochon ·

Dit laat my terug dink aan daai grootte wat ek destyds gevang het toe ek ‘n walvis as aas gebruik het.

Caroline ·

Good Morning Jonah I am so glad you came to help us in the world where all is lost a lot of the time thank you. Ha Ha

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.