Vlaag groot aardbewings tref aarde

Argieffoto

Argieffoto

Waar dit tot die begin van April nog ‘n baie stil aardbewingjaar vir baie sterk aardbewings was, was daar sedert die 2 April nou reeds vyf bielies van sterker as 7 op die momentmagnitudeskaal.

En bloot vir die interessantheid wat daar ook op 13 April ‘n aardbewing amper op die noordpool – weliswaar ‘n betreklike ligte skudding van M4,6 noord van Franz Josefland.

Die rits bielies is egter die groot nuus. Die eerste werklike grote was toe ‘n skudding van M8,2 op 2 April aan die kus van Chili voorgekom het, gevolg deur een van M7,7 die volgende dag in dieselfde omgewing.

Op 11 April het ‘n skudding van M7,1 suid van Papoea Nieeu-Guinee voorgekom, en die volgende dag verder suid op dieselfde verskuiwingsvlak, een van M7,6 suid van die Solomon-eilande. ‘n Dag later, op 13 April, het nog ‘n grote van M7,4 suid van die Solomoneilande voorgekom.

Voor die jongste vlaag groot aardbewings is die meeste skade in Griekeland aangerig, maar sedertdien is ook skade, en selfs lewensverlies, tydens skuddings in Chili, Nicaragua, Panama, Peru en ander lande aangeteken.

Die afgelope aantal jare was daar sowat 20 aardbewings per jaar wêreldwyd wat M7 of meer gemeet het. Die eerste drie maande van vanjaar was daar egter geen sulke aardbewings nie, maar twee weke later reeds vyf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.