Volgens die USGS is dit 300 keer meer as in vorige dekades. Die aardbewings kom voor as gevolg van ou verskuiwingsvlakke wat 300 miljoen jaar oud is, wat weer aktief geword het. Dit kan tot groter aardbewings lei as die gewoonlik ligte aardbewings wat nou gevoel word, wat aansienlike skade kan aanrig.
Die aardbewings is boonop vlak, en kom gewoonlik tussen 4 en 6 kilometer onder die oppervlak voor. Hoe vlakker ’n aardbewing se episentrum, hoe meer skade rig dit gewoonlik aan.
Verskeie studies wat onlangs gedoen is, tref ’n vergelyking tussen die toename in aardbewings en olie- en gas-ontginning in die gebied, veral skaliegas-ontginning. Veral die gebruik om afvalwater in die boorgate te spuit, word met die verhoogde seismiese aktiwiteite verbind.
Die USGS se huidige studie fokus egter nie op die impak van gas- en olie-ontginning nie, maar om die ou verskuiwingsvlakke op te spoor en te karteer en die waarskynlikheid van groter aardbewings te bepaal.
Bron: USGS
Skaliegas-ontginning moet net NOOIT in S.A. plaasvind nie. Dit sal die begin van ons einde beteken. Veral ten opsigte van ons water.