Vlaag sterk aardbewings tref aarde

Aardbewingskade

Aardbewingskade

‘n Vlaag van sewe aardbewings sterker as 7 op die momentmagnitudeskaal wat die aarde vanjaar getref het, het almal in die afgelope drie weke voorgekom. Voor 2 April, toe ‘n skudding van M8,2 in die noorde van Chili voorgekom het, was 2014 nog ‘n stil jaar wat sulke sterk aardbewings betref.

Al sewe die bielies was sedertdien voorgekom het, was aan die sogenaamde Pasifiese “kring van vuur.”

Twee van die grotes (M8,2 en M7,7) het in Chili voorgekom, twee (M7,6 en 7,4) by die Solomon-eilande, twee (M7,5 en 7,1) by Papoea-Nieu-Guineë en een (7,2) in Mexiko.

Suid-Afrika was die naaste vastelandse land aan die volgende sterkste aardbewing – ‘n skudding van M6,9 wat by die Bouvet-eilande voorkom het. Hoewel verskeie aardbewings die afgelope 30 dae op die kontinentale verskuiwingsvlakke om Afrika voorgekom het, is net een beduidende aardbewing op die kontinent self aangeteken: een van M4,1 in Algerië.

Die momentmagnitudeskaal eerder as die Richterskaal word gebruik om aardbewings wêreldwyd te meet sodat appels nie met pere vergelyk word nie. Baie media verander verkeerdelik die M-lesings in Richterskaal-lesings, en skep so dikwels verwarring. Die momentmagnitudeskaal word ook as meer akkuraat vir die meet van sterk aardbewings beskou.

Byna geen area in die wêreld, van naby die noordpool tot naby die suidpool, is nié geskud nie, en selfs Engeland is liggies geskud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Sumo ·

Dankie Herman – hierdie was nou vir my nuus en ek het nogal kop gekrap daaroor – die verskil tussen die Momentmagnitudeskaal en Richterskaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.