Dalk nie boerewors nie, maar ‘n vleisie of vissie op die kole is toe nie so eie aan Suid-Afrika se sonskyn, braaivleis en, wel ‘n bekende soort motor nie.
Argeoloë in die hedendaagse Turkye het braaivleisroosters van sowat 2 200 jaar oud in die antieke stad Assos in die noordweste van die land opgegrawe. Die braaiers en oonde is van klei gemaak, sommiges rond, ander vierhoekig. Boonop is heelwat vleisbraaigereedskap gevind. Dit lyk of van die braaiers afbeeldings van die Griekse god, Hermes bevat.
Die argeoloë meen die destydse bewoners het veral vleis en vis op die roosters gebraai.
Die volledige artikel in die Turkse Daily News kan hier gelees word.
Hulle het glo ‘n Weber daargekry wat loop op vierkantige klipwiele met Fred Flintstone se handtekening op.
Stukke in die foto herinner meer aan die parte van my Austin Apache se enjinblok toe ek hom vanoggend ge-kickstart het.
Hoop die chrome parte van jou Austin Apache om die hoofligte het jy nog. Ook dat hy sy oorspronklike 1800 masjien in het en dat die motor in sy oorspronklike groen is. Word al duideliker dat ‘n Austin Apache my studente motor was.