Vleisbraaigereedskap van duisende jaar oud gevind

Van die brokstukke wat gevind is.

Van die brokstukke wat gevind is.

Dalk nie boerewors nie, maar ‘n vleisie of vissie op die kole is toe nie so eie aan Suid-Afrika se sonskyn, braaivleis en, wel ‘n bekende soort motor nie.

Argeoloë in die hedendaagse Turkye het braaivleisroosters van sowat 2 200 jaar oud in die antieke stad Assos in die noordweste van die land opgegrawe. Die braaiers en oonde is van klei gemaak, sommiges rond, ander vierhoekig. Boonop is heelwat vleisbraaigereedskap gevind. Dit lyk of van die braaiers afbeeldings van die Griekse god, Hermes bevat.

Die argeoloë meen die destydse bewoners het veral vleis en vis op die roosters gebraai.

Die volledige artikel in die Turkse Daily News kan hier gelees word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Erich Goosen ·

Hulle het glo ‘n Weber daargekry wat loop op vierkantige klipwiele met Fred Flintstone se handtekening op.

Slim Daan ·

Stukke in die foto herinner meer aan die parte van my Austin Apache se enjinblok toe ek hom vanoggend ge-kickstart het.

Kobus ·

Hoop die chrome parte van jou Austin Apache om die hoofligte het jy nog. Ook dat hy sy oorspronklike 1800 masjien in het en dat die motor in sy oorspronklike groen is. Word al duideliker dat ‘n Austin Apache my studente motor was.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.