“Vlieënde piering” vir Mars suksesvol getoets

Foto: Nasa/Facebook

Foto: Nasa/Facebook

Na die toetse minstens ses keer weens sterk winde uitgestel moes word, het Nasa uiteindelik sy eie “vlieënde piering” by Hawaii getoets.

Die skottelvormige tuig is met ‘n ballon tot ‘n hoogte van ongeveer 50 kilometer geneem waar die atmosfeer soortgelyk is aan die atmosfeer op Mars. Dit het toe self hoëspoedmaneuvers uitgevoer wat kykers op aarde danksy kameras aan boord regstreeks kon volg.

Nasa ondersoek metodes om eendag swaar vragte op Mars te kan laat land – ‘n vereiste vir bemande sendings. Die huidige tegnieke, soos die “hyskraan” wat Curiostity op Mars neergelaat het, deug nie vir swaar vragte nie.

Die idee is dat die skottelvormige landingstuig, wanneer dit in Mars se atmosfeer kom, danksy ‘n ballon in die tuig soos ‘n blaasoppie opblaas en so deur atmosferiese wrywing gerem word.

Die huidige toets het Nasa sowat $150 miljoen uit die sak gejaag, en sal nog etlike kere herhaal word.

Meer in Trouw kan hier gelees word.

Nasa se verslag kan hier gelees word

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.