Vlieënier aangekla ná bejaardes verdwyn

Grey Lynn (Foto:
Brianna Travers, Twitter)

ʼn Vlieënier van Australië is Maandag aangekla van moord op twee bejaardes wat byna twee jaar gelede vermis geraak het.

Die 55-jarige vlieënier, wat as Greg Lynn geïdentifiseer is, is aangekla van moord nadat hy drie dae lank deur die polisie ondervra is oor die verdwyning van Russell Hill en Carol Clay.

Die bejaardes, albei in hul 70’s, het in Maart verlede jaar vermis geraak, toe hulle by ʼn afgeleë kampterrein in die Wonnangatta-vallei in die Victoriaanse Hoogland gaan kamp het. Daar is op 20 Maart die laaste keer van hulle gehoor.

Russell Hill en Carol Clay (Foto:
Cassie Zervos, Twitter)

Stappers het ʼn dag later op die bejaardes se leë kampplek afgekom. Verkoolde oorblyfsels van hul tent en ʼn motor is gevind. Die motor was ook aan die brand gesteek.

Bob Hill, assistent-kommissaris van die Victoria-polisie, sê die polisie hoop dat Lynn se inhegtenisneming hulle ’n tree nader sal bring om die antwoorde te verskaf waarna die families reeds vir twintig maande desperaat na op soek is.

Die polisie gaan binnekort ’n nuwe gebied in die afgeleë bosveld van die Victoriaanse Hoogland fynkam, met die hoop om die bejaardes se liggame te vind.

Vyf mense – onder wie ook Clay en Hill – is sedert 2011 in dié gebied as vermis aangemeld.

In ’n video wat verlede maand deur die polisie uitgereik is, sê Hill se dogter, Debbie, sy kan nie treur oor haar pa nie omdat sy nie weet of hy werklik dood is nie.

Lynn sal Vrydagoggend in die landdroshof in Sale verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Plaaskind ·

Hoekom plaas MM die laaste tyd so baie buitelandse nuus, ek wonder maar net?

Vicky ·

Hmmmmmm…..as jy mòòi kyk is daar ñ OPSIE…jy kan kies S.A. nuus of WÈRELD NUUS. As jy nie wil weet wat in die wèreld aangaan nie,unsubscribe of druk die S.A. knoppie. Maklik en eenvoudig.

Santie Gildenhuys ·

Ek verstaan nie. Wat is die verband tussen die vlieënier en die verdwene bejaardes? As hulle kar uitgebrand gevind is, wat het die feit dat hy ‘n vlieënier is met hulle saak te doen? En hoekom is net hy ondervra?

madels ·

Die knaap se voertuig was die enigste voertuig wat op na pad kamera afgeneem is in daai omgewing, ek volg al n hele rukkie die storie. Die polisie is baie intelligent en hul bevindings in die saak, akkuraat

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.