Vlieënier dood toe hy ‘met opset in klubhuis vasvlieg’

‘n Skermskoot uit ‘n video van die toneel. (Video: Verskaf)

ʼn Vlieënier van Botswana is dood nadat hy na bewering ná ʼn rusie met sy vrou met opset in die klubhuis by ʼn vliegveld naby Gaborone vasgevlieg het.

The Citizen berig die voorval het gister in die Rasesa-gebied by die Matsieng-vliegveld, noord van Gaborone gebeur. Volgens berigte was die vlieënier van Kalahari Air Services glo by ʼn partytjie waar hy onder die invloed van drank in ʼn bakleiery met sy vrou betrokke geraak het. Hy is glo gevra om die partytjie te verlaat.

Volgens die berig het die man ʼn King Air 200-vliegtuig gesteel en in die klubhuis vasgevlieg met die doel om almal binne-in dood te maak. Slegs die vlieënier het in die voorval gesterf.

Times Live berig ʼn bedryfsinspekteur vir die Botswana burgerlike lugvaartowerheid het bevestig die voorval het Saterdag gebeur, maar kon nie onmiddellik meer besonderhede gee nie. Dit is dus nog nie duidelik of enigiemand in die voorval beseer is nie.

ʼn Video van die toneel kort nadat die vliegtuig die gebou getref het, is op sosiale media versprei. Daarin kan gesien word hoe die hele gebou in ligte laaie is terwyl die vlamme ook na voertuie om die gebou versprei.

Hou Maroela Media dop vir meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

willem Botha ·

Dit was nou n stupid ding om te doen as hy kwaad was vir sy vrou.

Jerry ·

Op hierdie planeet is daar mense met ernstige sielkundige afwykings. Baie kommerwekkend.

CJ ·

Ek kan net my kop skud. Die eie ek is darem maar ‘n derduiwel.

Michelle ·

Goeie dag. Eke wil net bevestig daar was geen rusie tussen die man en vrou nie. Ek is vriendin van 1 van die familie lede. Feite sal waardeer.

Muffin ·

Mal mens. Kon baie onskuldige mense en kinders se dood veroorsaak het.

Klou ·

@Muffin, dit was sy doel gewees, dit het nie saak gemaak nie, maar lol toe sterf net hy.

Lorraine ·

My seun was daar en alhoewel sy nuwe bakkie en nog vriende se voertuie uitgebrand het kan ons net dankie se vir die Here vir hul veiligheid.

Naruschka ·

Sies vir julle Maroela Media!! Deur onware stertjies by te las met die storie vir sensasie is uiters swak…ek is die skoon sussie van die oorledende en hy was gladnie eers naby my sussie en nog minder haar geslaan of argumenteer nie! Kry asb in die vervolg julle feite bymekaar!!

Doris Gouws ·

Ja drank en vlieg gaan nie saam nie vra my en ek kan vertel van 2010 toe sewe mense gesterf het my seun ook drank en vlieg kan nooit saam gaan nie. Maroela media plaas asb hierdie berig want dit is n baie interessante storie.

Muffin ·

Nee Doris. Verstaan nie wat jy probeer se nie. Het jou seun gedrink en gevlieg of wat.

Se maar net ·

Doris se seun is een van 7 SAPS lede wat gesterf het toe ‘n polisie helicopter in 2010 buite Johannesburg verongeluk het. Hulle was oppad na ‘n gewapende roof. Niemand het die ongeluk oorleef nie. Die loods was een van die beste! Hy het na skool lugmag toe gegaan en het ongeveer 2 jaar voor die ongeluk vir die SAP begin vlieg. Vlieg was sy lewe. Hy het oor die 3,000 vlieg ure gehad, daar is bewerings dat hy gekuier het die aand voor die ramp. Die helicopter was al 27 jaar oud en was gediens kort voor die ongeluk. Sover ek weet is die ondersoek nog nie afgehandel, maar ek kan verkeerd wees.

Fonnie ·

As die drank in die manne is, is die verstand in die kanne

Haan ·

A, my broer se vriend was by die klubhuis tydens die hele petalje. MM se berig is heeltemal korrek. Dit was n ooievaars tee en die man was midde-in n skeisaak met sy vrou. Vanwaar jou misplaaste verontwaardiging?

Strand looper ·

Shame so onnoddig. n Saak het altyd 3 kante….joune…myne en die waarheid. Wonder net waaroor was die argument om hom oor die afgrond te dryf…. Hy was duidelik baie onstel…Hoe se hul
“It takes two to tango”

Rupert Ashford ·

Joune mag dalk net die beste kommentaar hier wees…mense “verloor” dit nie sommer net so skouspelagtig nie.

Gaitsigubib ·

Ja ‘n goeie kant en n slegte kant. Hier sien n mens nou ongelukkig die man se slegte kant, maar dis nie “shame” nie. Hy kon mense doodgemaak het en dit net omdat hy dikbek en onder die prop is!

Gaitsigubib ·

Waar val jy nou uit Rupert. Sy kop was verkeerd aangeskroef? Hy het dan gemaak soos Osama Ben Ladin. Dink jy dis die enigste ou wat met ‘n heks getrou het? Ag nee man jy moet n baie beter rede he voor jy so iets aanvang.

Heksie ·

Brandewyn het nie brieke nie … in hierdie geval het dit vlerke gehad …

Ig ·

Daar is mos die gesegde dat as jy wil sien wie is die regte persoon, maak hom/haar dronk.

Askies ·

Nou hoe de hemel laat jy toe dat ‘n dronk persoon in ‘n vliegtuig klim? Geen beheer meer oor sulke goed nie?

Gert J ·

Mens het nie drank nodig om gelukkig te wees nie. Drank het oor en oor bewys dat dit net kan verwoesting bring. Tog steur mense hulle nie hieraan nie. So tragies.

Penelope ·

Dis tragies. Ek het die berig in die citizen gelees en daar is definitief ‘n paar veskillende weergawes. Miskien sal dit wys as ‘n betroubare persoon optree as verslaggewer namens die familie, want almal spekuleer oor wat aangaan. Aan die anderkant is dit seker niemand se besigheid nie, maar dit sal dalk makliker wees vir die familie sodat die storie nie verder handuit ruk nie. Baie sterkte vir die familie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.