Vlieënier glo drie keer oor wettige alkoholperk

'n Boeing 737-kajuit. Foto: Alex Beltyukov/Wikimedia Commons

‘n Boeing 737-kajuit. Foto: Alex Beltyukov/Wikimedia Commons

ʼn Vlieënier word in Kanada aangekla nadat hy volgens die polisie bewusteloos in ʼn kajuit aangetref is, kort voordat die vliegtuig moes opstyg.

Volgens die polisie in Calgary, is Miroslav Gronych (37) deur sy mede-vlieënier in die kajuit van die Boeing 737 aangetref.

Sers. Paul Stacey, woordvoerder van die polisie, het gesê Gronych is uit die vliegtuig verwyder voordat sy bloedalkoholvlak getoets is. Dit was glo drie keer oor die wettige perk.

Volgens bemanningslede het Gronych vreemd opgetree voordat die vlug sou opstyg. Sunwing Airlines het die voorval betreur.

Die vliegtuig het later met ʼn ander vlieënier na Mexiko vertrek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Simon ·

Gelukkig ge-isoleerde geval en het afgespeel in verweg land = Kanade.
Lugvaart owerhede baie bedag daarop dat dit nie moet gebeur nie.
Daardie vlieenier sal nooit weer n vliegtuig beheer nie.

Kan net wens owerhede moet dieselde strawwe by motor bestuurslisensie in stel.

Lance ·

Dis veseker Kanada speel nie as jy die wet oorstee word jy gestraf …wonder wat gaan hy nou vlieg …seker n kite

Aloma Pretorius ·

Simon, ek het oor die naweek as ek reg onthou ‘n video opname gesien van ‘n Indonesier wat net so onder die invloed was wat verwyder moes word van ‘n boeing af, dit is skokkend dat sekuriteit die man ‘n paar keer moes help om sy goed op te tel wat hy laat val het, en nog steeds hom laat deurgaan het, hy het self die volgende dag bedank.

Mike ·

En dan was daar ook die een wat die vliegtuig op auto pilot gehad het terwyl hy homself met seksuele dade en die verfilming daarvan besig gehou het. Scary.

Simon ·

Aloma,
Heeltemal korrek. Ek het ook daardie video gesien.
Die sekuriteit man is ook gedisiplinéer. Ek kan egter nie onthou tot welke vlak nie, maar ek glo na daardie insident sal sekuriteit beamptes wat hul sout werd is alle dronk vlieeniers uit keer vir disiplinering.

WitBlits ·

Sunwings Airlines se vlieenier het gehoor Red Bull “gives you wings” en toe vergeet jy moet dit skoon drink sonder enige brandwater, maar nou is sy bas in die warmwater!

popeye ·

Sy laaste woorde voor uitpaas…” kyk hoe strap ek hierdie Boeing op my rug vas”!

Ken2 ·

Dan is daar die gelddronk vlienier van n hele land wat sKsskandes pleeg in die kajuit en nie sien hoe n ander vliegtuig op hulle afkom nie. Wens ons was so streng soos die kanadese.

Louwrens ·

Is daar regtig so baie knoppies in die kajuit of is dit vauit die vlieenier se oogpunt afgeneem…?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.