Vlieënier koop pizza vir gestrande passasiers

Logan Marie Torres het dié foto aan KDVR gestuur Foto: KDVR

Logan Marie Torres het dié foto aan KDVR gestuur Foto: KDVR

ʼn Vlieënier van Frontier Airlines het Maandag pizza bestel vir die hele bemanning en al die passasiers aan boord ʼn vliegtuig wat buite die lughawe gestrand was.

Die vlieënier het die aand omstreeks 22:30 die naaste Domino’s-tak in Cheyenne, Wyoming geskakel en die bestuurder, Andy Ritchie, in kennis gestel dat hy ongeveer 35 pizzas gaan benodig vir die 160 passasiers.

“Ons het die pizzas na die lughawe se voorportaal geneem en ons drywer het dit aan die lugwaardinne oorhandig,” het Ritchie aan AFP gesê. Die vliegtuig het in Washington opgestyg toe dit weens slegte weer in Denver na Cheyenne herlei is. Die vlug was reeds ure agter skedule en was ongeveer twee ure lank buite die lughawe gestrand met geen kos aan boord nie.

Logan Marie Torres, een van die passasiers, het aan plaaslike media gesê die vlieënier het net ʼn aankondiging gemaak: “Dames en here, Frontier Airlines is een van die goedkoopste lugrederye in Amerika, maar julle kaptein is nie goedkoop nie. Ek het sopas pizza vir die hele vliegtuig gekoop.”

Ritchie het bevestig die vlieënier het met ʼn kredietkaart vir die bestelling betaal, maar kon nie bevestig aan wie die kredietkaart behoort nie. Die lugredery het glo aan KDVR bevestig die vlieënier het self betaal. –SAPA-AFP

Klik hier om ‘n video en nog foto’s te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

HEVW ·

Ag dis tog goed om in Afrika iets positief te hoor. Natuurlik is dit gebeure in n ander land.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.