Vlieënier van lugballon was ‘onder die invloed’

Die mandjie het glo gedurende die ongeluk van die lugballon losgekom. (Foto: Twitter)

ʼn Verslag van die Federale Lugvaartadministrasie (FAA) in die VSA wys die vlieënier van ʼn warmlugballon wat in Junie in New Mexico in Albuquerque neergestort het, het marijuana en kokaïen in sy stelsel gehad.

Vlieënier Nicholas Meleski en vier van sy passasiers is dood toe die warmlugballon met ’n kragdraad in aanraking gekom het. Die mandjie het glo gedurende die ongeluk van die lugballon losgekom en met die insittendes neergestort.

CBS News berig Meleski se familie het aan die Albuquerque-stasie KOB-TV gesê hulle evalueer ʼn afskrif van die toksikologieverslag en versoek privaatheid.

Die FAA het nie dadelik op ʼn versoek om kommentaar reageer nie.

Die Nasionale Vervoerveiligheidsraad het nog nie uitspraak gelewer oor die oorsaak van die ongeluk op 26 Junie nie.

Maroela Media het vroeër berig twee mans en twee vroue is dood en nóg ’n man kritiek beseer ná die voorval vroeg die Saterdagoggend plaasgevind het. Die owerhede het later die dag bekend gemaak dat dié man ook aan sy wonde beswyk het.

Die mandjie het glo in ’n straat neergestort en aan die brand geslaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Cherokee

Jô..!!!