Vlieëniers geskors ná 10-jarige vliegtuig loods

Foto: Pixabay

Twee vlieëniers wat vir Algerië se nasionale lugredery werk, is geskors nadat hulle ʼn 10-jarige seun toegelaat het om ʼn binnelandse passasiersvliegtuig te loods.

ʼn Video van die voorval, wat opgeneem is vir die TV-kanaal El Bilad, wys hoe die seun sommige kontroles van die Air Algérie-vliegtuig in die kajuit beheer onder die toesig van die twee vlieëniers.

Dit is nie duidelik hoeveel passasiers ten tyde van dié vlug in die vliegtuig – onderweg tussen die Algiers internasionale lughawe en die Seif-lughawe – was nie.

In die video sê een van die vlieëniers die seun was “baie gedissiplineerd, kalm en oplettend”.

Volgens die BBC was albei vlieëniers “totaal onbewus” van die gevare wat hulle dade vir die passasiers ingehou het.

Volgens The Telegraph is dié 10-jarige ʼn weeskind wat daarvan droom om eendag ʼn vlieënier te word. Hy is glo in die kajuit toegelaat as deel van ʼn inisiatief van ʼn liefdadigheidsorganisasie van die land.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Ijani ·

“Loods” is plek waar vliegtuie parkeer word.
Vliegtuie word gevlieg.
Mense wat vliegtuie vlieg is “vlieëniers”.

Henk Stander ·

Ek parkeer my vliegtuig in ń loods, maar ek is ń vlieënier.

Lol ·

25 Nov. 2013 is die woord “loods”, bespreek op Maroelamedia. Volgens dit is die beroep “loods” net van toepassing op skepe? Dus bestaan daar nie ‘n beroep as vliegtuigloods (pilot) nie? ,Ek stem nie saam nie. Engelse “hangar”= loods is korrek. Ek stem saam dat die werkwoord “loods” net van toepassing is met skepe. Nog opinies van taalkundiges asb.

vrikie ·

Amper net so erg as om ‘n minibus taxi met ‘n “vicegrip”te bestuur

Justice ·

Ek wonder hoe kalm die passasiers sou gewees het indien hulle moes weet dat `n gedissiplineerde en oplettende 10 jarige in beheer van hul vliegtuig is.

Griki ·

Wel, van een ding is ek seker. Daardie seuntjie gaan werk daarvan om ‘n vlieënier te word en sy hempie is nou heeltemal te klein vir sy borskas.

bgj van der westhuizen ·

dit laat ons wonder wat gaan alles in saa vliegtuie aan

SARIE VAN HEERDEN ·

Wonder wat in SAA vliegtuie aangaan? Ons wet nie eens wat in ons agterplase aangaan nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.