Vlieërbranderplankryer sterf ná hy huis tref

ʼn Vlieërbranderplankryer (“kite-surfer”) is dood toe hy die muur van ʼn huis in Florida, VSA, getref het (Foto: IAM_S_WAYNE, Twitter)

ʼn Vlieërbranderplankryer (“kite-surfer”) is dood toe hy die muur van ʼn huis in Florida, VSA, getref het. ’n Sterk wind het glo die man van die grond af opgeraap en meegesleur waarna hy die huis se muur getref het.

Die voorval het Woensdag laatoggend in die Fort Lauderdale in Florida plaasgevind.

CNN berig die man, iets in sy 50’s, is in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal vervoer, maar het net ná 13:00 aan sy beserings beswyk. Die man se naam is nog nie bekend gemaak nie.

Brandweerpersoneel is omstreeks 10:00 na die huis gestuur ná berigte dat ʼn man teen ʼn huis vasgevlieg het.

ʼn Omstander het aan die brandweerpersoneel gesê die man het ʼn paar huise van ʼn strand af opgestyg. NBC News berig die man het nie eens die water bereik nie omdat die wind te sterk was en hom in ʼn teenoorgestelde rigting geneem het.

Dit is toe dat hy die huis se muur getref het.

Die man se oranje vlieër het steeds oor die huis se balkon gehang terwyl reddingspersoneel op die toneel was.

Daar is sterk wind en donderstorms in die omgewing ten tyde van die man se ongeluk aangemeld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.