ʼn Massabegrafnis is Sondag in Addis Ababa in Ethiopië gehou vir die 157 slagoffers van ʼn vliegtuigongeluk van Ethiopia Airlines.
Die diens volg een dag ná beamptes sakkies grond aan familielede van die slagoffers oorhandig het in plaas van die oorskot van hul geliefdes, omdat die identifikasieproses na verwagting lank sal duur. Daar was ook 17 leë doodskiste waaroor die nasionale vlag gedrapeer is.
Familielede het bevestig hulle het ʼn 1 kg-sakkie grond, wat by die ongelukstoneel versamel is, ontvang.
Die slagoffers van Ethiopia Airlines Vlug 302 kom van 35 lande en sluit talle humanitêre werkers in wat na Nairobi op pad was.
Franse ondersoekbeamptes het Saterdagaand gesê hulle het suksesvol die inligting afgelaai van die kajuit se stemopnemer en die data direk na die Ethiopiese ondersoekspan gestuur sonder om na die klanklêer te luister. Hulle werk Sondag aan die vlugopnemer se data, maar geen bykomende inligting is bekend gemaak nie.
Die relatief nuwe Boeing 737 Max 8 van Ethiopian Airlines het op 10 Maart 2019 neergestort kort ná dit opgestyg het. Al 157 persone aan boord is dood.
- Familielede tydens die massabegrafnis in Addis Ababa, Ethiopië (Foto: AP Photo/Mulugeta Ayene)
- ʼn Priester tydens ʼn massabegrafnis in Addis Ababa, Ethiopië (Foto: AP Photo/Mulugeta Ayene)
- Familielede tydens die massabegrafnis in Addis Ababa, Ethiopië (Foto: AP Photo/Mulugeta Ayene)
- Familielede tydens die massabegrafnis in Addis Ababa, Ethiopië (Foto: AP Photo/Mulugeta Ayene)
- Kerkleiers tydens ʼn massabegrafnis in Addis Ababa, Ethiopië (Foto: AP Photo/Mulugeta Ayene)
- ʼn Priester tydens ʼn massabegrafnis in Addis Ababa, Ethiopië (Foto: AP Photo/Mulugeta Ayene)
- Familielede tydens die massabegrafnis in Addis Ababa, Ethiopië (Foto: AP Photo/Mulugeta Ayene)
- ʼn Familielid blaas ʼn soen na die leë kiste tydens die massabegrafnis in Addis Ababa, Ethiopië (Foto: AP Photo/Mulugeta Ayene)
- ʼn Priester huil tydens ʼn massabegrafnis in Addis Ababa, Ethiopië (Foto: AP Photo/Mulugeta Ayene)
- Familielede tydens die massabegrafnis in Addis Ababa, Ethiopië (Foto: AP Photo/Mulugeta Ayene)
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
4 Kommentare
Hartverskeurend…
Die uitkenning gaan tot 4 maande neem. Dit was regtag n katastrofiese ongeluk.
Hierdie ongeluk is tragies, net ‘n paar maande na ‘n soortgelyke voorval in Indonesie. Wat ookal die elektroniese oorsaak is, die vervaardiger – Boeing – en verskeie ander hooggeplaasde ondersoekbeamptes en regerings instansies, sal moet ‘n wesenlike antwoord en oplossing op die tafel le, aangesien dit die werk van duisende in Amerika en regoor die wereld in gedrang bring. Verskeie lugrederye het vlugte van die spesifieke model gestaak, hangende die ondersoek wat verskeie maande kan duur. Wat blyk hier van lugvaartkenners in Australie, is as die automatiese vlugbeheer[“autopilot”] aangeskakel word, dit die hoogte vd vliegtuig negatief aanpas en die loodse… Lees meer »