Vliegtuig doen noodlanding ná vrou van man se kullery uitvind

Argieffoto (Foto: gustavmelin0, Pixabay)

ʼn Qatar Airways-vliegtuig moes ʼn noodlanding in Chennai in Indië doen nadat ʼn vrou tydens dié vlug ʼn oproer veroorsaak het toe sy vasgestel het dat haar man haar verneuk.

Volgens die Times of India was die vrou saam met haar man en hul jong kind vanaf Doha, die hoofstad van Katar, op pad na Bali toe die voorval plaasgevind het.

Volgens die berig het die vrou haar man se selfoon glo ondersoek terwyl hy geslaap het.

“Die vrou het haar man se vinger gebruik om sy selfoon te ontsluit terwyl hy geslaap het. Sy het daarna bewyse op die selfoon gevind wat glo gewys het dat hy haar verneuk,” lui dié berig.

Die vrou, wat na bewering ook alkohol gedrink het, het haar glo “wangedra” en was volgens die berig “uiters ongeskik” met die kajuitpersoneel.

“Die situasie het handuit geruk en die vlieënier het besluit om die vlug na Chennai te herlei om sodoende ʼn noodlanding te doen.”

Die gesin van drie het by die Chennai-lughawe afgeklim waarna die vliegtuig weer na Bali vertrek het. Hulle het daarna glo weer ʼn vlug na Doha, hulle tuisstad, onderneem.

Quatar Airways wou op navraag nié kommentaar lewer oor die voorval nie en het gesê hy verkies om die passasiers se privaatheid te beskerm.

Bron: Times of India

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Von ·

Ja als wat jy in die donker doen sal in die lig geopenbaar word . . .
Dit kom tog uit , een of ander tyd

Liefie ·

Ag Asb Anton. Altyd n verskoning omdat n man nie homself kan gedra nie. Hy kan bly wees ek is nie sy vrou nie. Skei nooit moord verseker.

Verskonings ·

Ja nee kyk, die skuldiges sal ALTYD n kamtige verskoning uitdink vir hul owerspel en verneukery…dames as jou man nie voor jou sy teenkanting kan wys teen verneukery nie, en hy redeneer altyd in so situasie dat almal foute maak, en jy nie mag oordeel nie, dan is daar n rede…hy verneuk ook…dis lankal nie n foutjie nie, maar n keuse…en om te onderskei tussen reg en verkeerd is nie oordeel nie, dis wysheid – ek weet waarvan ek praat

Vinger ·

So sy vinger(s) het hom groot probleme veroorsaak. Hy sal sy hande maar moet tuishou.

Wouter ·

Dames en here. Onthou owerspel kom altyd uit. En dit verwoes jou lewe. Sodra jy altyd op jou foon is en manlief/vroulief mag nie sien nie. Dan moet jy WEET.

anton ·

Ag Liefie en Verskonings , duidelik wil julle voorgee dat dit net altyd mans is wat rondloop maar die feit is dat mans sowel as vroue skuldig is aan dit!!!
Jul onkunde oor dit spreek boekdele.
En om te erken jy sal moord pleeg??? WOW.

Liefie ·

Jy is dood reg Anton dit kom van altwwe kante af maar vir wat wil jy iemand verneuk. Los die persoon en gaan na jou skelmpie. Vir wat wil jy jou brood aan altwee kante gebotter he? As jou skelmpie so belangrik is los dan jou man en vrou.

Ongelukkig is die meeste mense daar buit rugraatloos en sal hulle eerder n swak verskoning uit dink as om die music te face.

Ek glo elke aksie het n reaksie en grootmense is nie kinders nie. As ky groot genoeg is om te se I DO dan is jy groot genoeg om te se I DONT

Japie ·

Liefie, sover is daar 3 ouens bly jy is nie hulle vrou nie. Hy, ek en jou eksman.

Moomoo ·

Ai, dat die arme van die egpaar in die berig – wat die arme dingetjie nie net moes dink om dit te moes aanskou nie. En dan nog saam hulle te moet afklim en huistoe vlieg. Dit kon nie ‘n aangename atmosfeer gewees het nie.

Perspektief ·

Ai van die kommentaar is vervelig en een dimensioneel. Afrikaners op hulle troontjies.

Louise ·

he he he, ja nee dis baie beslis nie net een party wat skuldig is nie. dis 50/50 in die samelewing!! jy moet tog iemand kry om mee te verkul en dit dan nou in die geval n ander vrou.
Ja wel ek voel ook so dat hulle is mooi groot om hulle ruggie reguit te maak en se ek stap.
Maar nee mens glo mos aan verbode vrugte wat so lekker smaak, daai vruggie wat julle so aan smul raak tog vrot and then there you go again. ha ha ha.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.