Vliegtuig doen noodlanding op snelweg

Foto: CodeCarvings Piczard

Motoriste op ʼn besige snelweg in Kroasië was Saterdag verstom toe ʼn klein vliegtuig skielik ʼn noodlanding op die pad gemaak het.

24Sata het berig die vliegtuig, waarin ʼn middeljarige vroulike student en ʼn vluginstrukteur gevlieg het, het veilig geland op die A6 wat Zagreb en Rijeka aan die Adriatiese kus verbind.

Die Cessna het enjinprobleme ondervind tydens ʼn opleidingsvlug. Geen motors is tydens die voorval getref nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Chris Ws ·

Volpunte vir die instrukteur!Veilige noodlanding sonder enige beserings op ‘n hoofweg. .Dit wil gedoen wees.

Natalene Visser ·

Wonderlik !! Ondervinding wat die leerling altyd sal bybly.

Cherokee ·

Wat ‘n pragtige landingsplek. Dit is (miskien nie toevallig nie) iets waaraan ek dikwels dink en miskien kom die komplimente nie die instrukteur toe nie maar bloot die toeval dat daar ‘n opening tussen die verkeer was.

Marianne ·

Prys die Here!!!Al die eer kom ons Vader toe!!!dankbaar niemand is beseer

jos de lange ·

Ek ken daai stuk pad , ek het op hom gery in 2015 toe ons oos europa getoer het vir 3 maande. Pragtige plek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.