Vliegtuig land toe in verkeerde land

(Argieffoto) British Airways A380 (Foto: Nick Morrish/British Airways)

Passasiers op ʼn British Airways-vlug van Londen na Düsseldorf was baie verbaas toe hulle Maandag “Welkom in Edinburgh” gehoor het.

Passasiers het vinnig besef die vlieënier het honderde kilometer in die verkeerde rigting gevlieg toe hulle in Skotland se hoofstad opgeëindig het, berig BBC.

Die Duitse huurvlugmaatskappy WDL, wat die vlug namens British Airways bedryf, het die fout bevestig. BA het gesê hy werk saam met WDL om te bepaal hoe só skeduleringsfout kon plaasvind, maar het benadruk dat passasiers se veiligheid nooit in gedrang was nie.

“Ons het om verskoning gevra aan passasiers vir dié ontwrigting en sal hulle elkeen individueel kontak,” het BA in ʼn verklaring gesê.

Die vliegtuig het van Edinburgh vertrek en twee en ʼn half uur laat (omstreeks 13:00 plaaslike tyd) in Düsseldorf geland, volgens ʼn woordvoerder vir die lughawe in Düsseldorf.

British Airways het vroeër op Twitter aan ʼn passasier gesê die vlug is “herlei”, waarna die passasier reageer het hy vermoed “dit was net ʼn fout”.

“Die bemanning was oortuig dit is die Edingburgh-roete. Ek dink nie enigiemand het vrywillig deelgeneem aan dié geheimsinnige reislotery nie,” het die passasier geskerts.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

MCS ·

Was oppad van Kaapstad na Johannesburg toe die kaptein sê die vlug sal oor soveel uur in Durban land! Waaaat, almal het begin praat en besef ons is op ‘n verkeerde vlug. Gelukkig het die kaptein vinnig sy woorde verander en bevestig dat ons wel oppad Johannesburg toe is.

Vreemd ·

Net vreemd dat sy roete vooruit goedgekeur is? Ek verstaan nie mooi nie .. Daar word mos vooraf toestemming verkry vir ‘n sekere bestemming en die beheertoring moet ook mos weet waarheen vlieg die vliegtuig?

Andreas ·

Dis nou BREXIT in werking. Ek het idee hulle sukkel met die ooreenkoms en toe raak die loods met die planete deurmekaar.

Andreas ·

Ek gaan net more vir my ‘n hondjie, ‘n Yorkie koop, naam …. Brexit.

HJ ·

Darm vlieg hulle nie aspris teen klubhuise vas nie….too soon??

humor ·

Sulke dinge moet tog nie in die buiteland in eerstewereldlande gebeur nie Netnou word dit hier plaaslik as aanvaarbaar gereken en kom daar klein aanpassingtjies om maar net n kader of twee ten gunste te wees.

Maria ·

Nou lag ek te lekker ……..ek op lug was doodskrik dalk fout by my le

Debbie ·

Must have been a male pilot…..men never ask for directions lol

Elmien ·

Ek sal darem nie omgee as ek oppad Johannesburg toe is en dan sommer in London land nie. Anytime!! Just leave me there then ?

At Dippenaar ·

Was daar darem tyd vir ‘n vinnige Scotch on the Rocks in Edinburgh?

barend ·

dit wil vir my voorkom of die bemaning vir die D. A werk ,kom altyd met n ompad

Siener van Melbourne ·

Was daar n Gupta op die vlug? Hulle mag blykbaar enige plek land.

Johann cb ·

Ek moet maar net glimlag oor die glipsie! Hopelik is almal gratis na hulle bestemming geneem!

bolla ·

Is dit moontlik dat ‘n vlieenier nie vooraf weet na watter land hy die dag gaan vlieg nie?

Nugter ·

Ek was nog altyd onder die indruk dat die loods met ‘n GPS vlieg wat rigting, distansie, tyd en hoogte aandui.

Boet Fasie ·

As dit in Suid Afrika was, kon mens regstellende aksie die skuld gee maar nou is dit seker maar Brexit se skuld dat hulle verkeerd geland het, bly hulle het nie heeltemal verdwyn nie.

RN ·

As dit in SA gebeur het was dit seker ou Jan se skuld. Nou is dit seker Theresa May se skuld, of Brexit….

Popsa ·

Kan jy nou meer… Het álmal dan op die vlug geslaap? Auto-pilot die kluts kwyt geraak? Sênou die brandstof het opgeraak oor die see? Hier êrens is ‘n slang in die gras.

chris natal ·

n slang in die gras ? klink meer na n “pie in the sky”

Rika ·

Hahahaha….. Dink die ruimte mannetjies daarbo het sy brein bietjie omgekrap.

Francois Joubert ·

Was nie die vlieëniers se skuld nie. Die persoon van BA wat die vlugbeplanning gedoen het het die verkeerde kode ingesleutel. EDI ipb EDDL. Duur foutjie.

Tania Maree ·

Ja-soos jy daar se Francoise -die verkeerde vlug plan is geliasseer deur WDL Aviation, wat die vlug namens British Airways bedryf het en dus is die verkeerde informasie deur gegee.

Tannie Hettie ·

Stem saam Debbie Dink Edinburgh is beter as Suid Afrika. Kan jy glo dat mens diep gate op die snelweg vanaf Polokwane kry. Amper gedink ons vlieg vandag ipv ry toe ons vd gat uitswaai. Wens die regering wil ophou meer as twintig jaar se mense blameer vir al die korrupsie.

Tania Maree ·

Die verkeerde vlug plan is geliasseer deur WDL Aviation,wat die vlug namens British Airways bedryf het

Johan ·

Wat ek nie verstaan nie vlugplan was ingedien, toe vliegtuig van koers afgaan hoe het die onderskeie torings en vlugbeheer sentrums dit nie opgetel en alarm gemaak nie

Blue Butterfly ·

Ek persoonlik dink Marelize was in daai kajuit …

Pril ·

Ag kom tog oor die fake “marelize” ding, om van naar te word hoe saffas vasklou aan n ding.

Heksie ·

vlieg via via … o well a free ride op die redery se onkoste sekerlik!

BEES ·

Ek hoop nie hulle konrakteer daardie kaptein om die eerste mense na mars te neem nie.Hulle kan dalk op Pluto land.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.