Vliegtuig maak noodlanding ná bomdreigement

Foto: Twitter

Foto: Twitter

ʼn Vliegtuig wat van Istanbul in Turkye na Sao Paulo in Brasilië op pad was, moes ʼn noodlanding maak nadat daar ʼn bomdreigment aan boord gevind is.

The Mirror berig die vliegtuig van Turkish Airlines het ʼn noodlanding in Casablanca in Marokko gedoen nadat daar ’n nota met die woord “bomb” teen ʼn toiletdeur gevind is.

Dit is volgens berigte die tweede bomdreigement wat dié lugredery in minder as 24 uur ontvang het. BGN News in Turkye het Sondag berig dat vlug TK52 kort nadat dit van Istanbul opgestyg het, moes terugdraai nadat die bemanning ʼn boodskap ontvang het dat daar “C-4 cargo” aan boord van die vliegtuig is.

Dit is nog nie bekend of daar enige waarheid in die dreigemente gesteek het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.