Vliegtuig met 10 aan boord verdwyn

Die Cessna 5Y-CAC wat in Kenia vermis word (Foto: Daily Nation)

Die burgerlike lugvaartowerheid in Kenia het gesê ʼn vliegtuig met 10 persone aan boord, op pad na Nairobi, word vermis.

Aldus ʼn verklaring deur die organisasie was die vliegtuig, van Fly Sax, van Kitale na die hoofstad op pad. Die Cessna C208-vliegtuig, registrasienommer 5Y-CAC het omstreeks 16:00 Dinsdagmiddag by Kitale opgestyg en sou omstreeks ʼn uur later in die hoofstad aangekom het. Die vliegtuig het agt passasiers en twee bemanningslede aan boord.

Die Daily Nation het Woensdag berig seine van die vliegtuig is in Aberdares opgespoor en reddingspanne is ontplooi om in die bergagtige gebied na die vliegtuig te soek, maar slegte weer verhinder die soektog.

Die vliegtuig was 60 km van sy bestemming toe die kontak verloor het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.